AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Weiveld nog yl ná brande in Noord-Kaap

Weiding in die Noord-Kaap is “bitter yl”, veral in dié dele waar erge brande verlede jaar gewoed het, en boere hoop op reën.

Hoë temperature wat gedurende Desember verlede jaar en vandeesmaand in die Koopmansfontein-omgewing voorgekom het, het die groeiproses van gras, wat in dié omgewing gebrand het, gestuit.

“Die weiveld is bitter yl. Op baie kolle het dit erg gebrand, en dit het saam met die hitte veroorsaak dat die gras in dié dele nog net sowat 60 mm bo die grond uitgestoot het,” vertel mnr. Kobus Gouws, voorsitter van Agri Noord-Kaap.
 
Erge brande het verlede jaar in die provinsie voorgekom en sowat 215 000 ha weiding het in dié omgewing en in Kuruman in die slag gebly. Drie brande het oor die bestek van twee weke gedurende November verlede jaar in die Koopmansfontein-omgewing voorgekom en 160 000 ha verwoes. Gouws sê sowat 80 beeste het weens die brand gevrek.
 
Hoewel reën verlede week en gedurende Desember geval het, het die omgewing nog baie reën nodig om te herstel. “Ons kry gemiddeld 400 mm reën per jaar, en so tussen 20 mm en 60 mm het reeds geval, maar ons het baie opvolgreën nodig vir ’n goeie winter,” sê Gouws.
 
Hulp
Gouws sê boere wat deur die brande geraak is, is baie dankbaar vir die hulp wat hulle steeds van medeboere en maatskappye ontvang. Hy sê talle maatskappye het hulle al met voer en dies meer bygestaan. Feedpro Animal Nutrition het onder meer op 21 Desember 2012 voer ter waarde van R82 000 aan die gemeenskappe van Kuruman en Koopmansfontein geskenk.
 
“Dinge lyk nog goed en billik, en ons hou moed met die hulp wat ons kry en waarvoor ’n mens so dankbaar is,” aldus Gouws. Die Noord-Kaapse departement van landbou het kort ná die brand aangekondig dat R2,75 miljoen aan die twee gemeenskappe beskikbaar gestel sal word as hulp ná die brande.
 
Gouws sê nog niks het gebeur met die sowat R1,6 miljoen wat na Koopmansfontein moet kom nie.
 
Volgens mnr. Henk van Wyk, voorsitter van Agri Noord-Kaap, is uitbetalings reeds aan boere in Kuruman gemaak. Hy sê die proses sloer ná ’n hooggeplaaste beampte by die departement ernstig siek geword het en omdat verskeie beamptes onlangs eers van vakansie af terugggekeer het. “Die proses is wel aan die gang. Dit is wel ook redelik tydsaam omdat alle fakture deeglik nagegaan moet word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot