
Al hoe meer boere oorweeg hommeltuie om met verskeie take op die plaas te help. Jy kan só 'n hommeltuig in ons opwindende kompetisie wen. Die waarde van die prys is R27 500.
Om in te skryf moet deelnemers 'n kort video neem van 'n boereplan wat die lewe/werk op die plaas makliker maak. Stuur jou video in, tesame met jou kontakbesonderhede en 'n kort beskrywing daarvan om in aanmerking vir dié hommeltuig te kom.
Die prys:
HAEVIC, die bekende hommeltuigvervaardiger, borg dié prys van die kompetisie. En wat ‘n wonderlike prys is dit nie – die DJI Phantom 4-hommeltuig, volgepak met die heel modernste tegnologie om maklike en veilige vlugte vir die wenner van die kompetisie te bied!Die DJI Phantom 4 het reeds legendariese status bereik vanweë sy stewige bougehalte, 20 minute vliegtyd, 2,5 km-reikafstand, objekvermydingstegnologie en glashelder kamera- en videobeelde.
'n Mens kan vlugroetes nou sommer van 'n slimfoon af beplan en intyds op die foon se skerm volg. Die boer kan nou sy eiendom vanuit die lug met groot gemak monitor. Daarbenewens bied die Phantom waardevolle bystand om ongewenste diere en betreders binne minute op te spoor! Voeg daarby die Phantom se vermoë om op diere en mense in te fokus en outomaties te volg, en die wenner van hierdie kompetisie gaan breëbors glimlag!
Ingesluit by die prys is 'n beginnersopleidingskursus, waar HAEVIC die wenner vir 'n volle dag lank sal leer hoe om die hommeltuig veilig te vlieg. Daarbenewens gaan HAEVIC die wenner ook help om al die spesialisfunksies van die DJI Phantom stewig onder die knie te kry.
Reëls van die kompetisie:Enigiemand kan 'n kort video inskryf. (Maksimum lengte van 'n video is twee minute.)
Deelnemers het twee opsies om die video aan te stuur:
Opsie een: Laai jou video op jou eie YouTube-kanaal. Kopieër daardie internetskakel, en stuur dit saam met 'n kort beskrywing aan: Sakkie Larney sakkielarney@gmail.com
Opsie twee: Stuur jou video via WhatsApp na: 063 720 3632. Inskrywings moet die volgende insluit: Jou naam en van, e-posadres en 'n kort beskrywing van jou boereplan.
Met deelname aan die kompetisie gee die deelnemer Landbou.com toestemming dat sy/haar video op ons digitale platforms mag vertoon, met die nodige erkenning.
Die kompetisie sluit op 31 Desember 2016.
Die beoordelaars se beslissing oor die beste boereplan-video is finaal en geen korrespondensie sal oor die kompetisie gevoer word nie.
Die naam van die wenner van die kompetisie sal op Landbou.com en in Landbouweekblad gepubliseer word.
HAEVIC en die pryswenner sal reëlings tref vir die oorhandiging van die prys, asook die opleiding.
* HAEVIC bied 'n soortgelyke beginnersopleidingspakket vir die algemene publiek aan. Die pakket sluit in 'n volledige DJI Phantom 4-hommeltuig met radiosender en 'n battery, opleidingsmateriaal en 'n daglange opleidingskursus. Die waarde van die totale pakket is R27 500 BTW uitgesluit.
Kontak gerus vir HAEVIC by info@haevic.co.za, of skakel hulle gedurende kantoorure by 018 2851291 (vra vir Haevic).