
Jy kan een van daardie gesogte hommeltuie in ons opwindende kompetisie wen. Die waarde van die prys is R27 500, plus die nodige opleiding.
Om in te skryf moet deelnemers 'n kort video neem van 'n boereplan wat die lewe/werk op die plaas makliker maak. Stuur jou video sommer via WhatsApp in, tesame met jou kontakbesonderhede en 'n kort beskrywing daarvan om in aanmerking vir dié groot prys te kom.
Die prys:
HAEVIC, die bekende hommeltuigvervaardiger, borg dié prys van die kompetisie. Dis 'n DJI Phantom 4-hommeltuig wat reeds legendariese status bereik het vanweë sy stewige bougehalte, 20 minute vliegtyd, 2,5 km-reikafstand, objekvermydingstegnologie en glashelder kamera- en videobeelde.
Ingesluit by die prys is 'n beginnersopleidingskursus, waar HAEVIC die wenner vir 'n volle dag lank sal leer hoe om die hommeltuig veilig te vlieg.
Deelnemers het twee opsies om die video aan te stuur:
Opsie een: Stuur jou selfoon-video via WhatsApp na: 063 720 3632.
Opsie twee: Laai jou video op jou eie YouTube-kanaal. Kopieër daardie internetskakel en stuur die skakel, met die beskrywing, na Sakkie Larney sakkielarney@gmail.com
Die kompetisie sluit op 31 Desember 2016.
Lees die volledige reëls van die kompetisie hier: