AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wen-idee was 'n ware noodplan

Die eerste wenner van Landbouweekblad se wedstryd Boer met 'n plan, is in ekstase oor die prysgeld van R60 000 vir 'n oorsese studiereis en 'n prys wat deur Omnia aangebied is. ANDRIES GOUWS het by hom gaan kuier.

Waternood weens 'n dalende watertafel tydens 'n lang droogte en 'n bakkie met swak remme het mnr. Johan Strauss van Steinfeld, Keetmanshoop (Namibië), gehelp om sy wenpatent te laat werk en weg te stap met die prysgeld in Landbouweekblad se kompetisie waarin boere hul planne met medeboere deel.

Hy sê toe die redakteur, mnr. Jean du Preez, hom gebel het met die nuus, het hy hom gevra om nie oor só 'n ding 'n grap te maak nie. En toe hy besef dis waar, was hy oorstelp van vreugde.

Sy patent bestaan uit 'n kabel wat aan die masstang van die windpomp geheg is en vertikaal langs die stang loop oor 'n katrol wat aan die windpomptoring geheg is. Aan die ander punt van die kabel hang 'n gewig wat sowat 10 kg ligter is as die gesamentlike gewig van die water en stange wat deur die windpomp in die gat opgetrek moet word.

Die windpomp se wiel en kop (ratkas) werk dus voortdurend teen 'n gewig van net sowat 10 kg, wat dit moontlik maak om (binne die vermoë van die boorgat) meer water met minder wind daaruit te kry en slytasie te beperk.

Op Steinfeld verskil die sterkte en diepte van die ondergrondse water aansienlik - van fonteine tot boorgate van 75 m diep. In dié omgewing is water meestal skraps.

Toe hy in 1975 op dié bergagtige plaas sowat 45 km suid van Keetmanshoop begin boer het, het dit nog goed gegaan met die Karakoelbedryf. Lamtyd is die ooie naby die opstal gehou en was die boorgat op die werf (76,25 m diep, wat in 1952 met 'n stampboor gesink is) die enigste bron van water vir mens en dier. Die windpomp kon glad nie byhou nie.

Water is met 'n trekker en kragkop uitgepomp. Die trekker het weke aaneen geloop en is net vir versiening afgeskakel.

Op die werf was dikwels waterkrisisse, selfs nadat die Karakoele met Dorpers vervang is (ná die pelspryse getuimel het), want die grootuier- en lammerooie is ook naby die opstal gehou.

'n Onderneming het 'n kronkelveer vir windpompe ontwikkel wat aan die toring en masstang geheg is om dit te help optrek. Maar as die masstang afbeweeg, het die spanning stelselmatig toegeneem. As die veer styf genoeg gespan was om werklik te help, kon die windpomp se wiel gewoonlik nie vinnig genoeg draai om die water uit die gat te kry nie.

Toe onthou mnr. Strauss dat sy skoonpa, mnr. Daantjie Louw, jare tevore in die Namibwoestyn 'n plan bedink het om 'n tou aan die masstang vas te maak met 'n gewig aan die ander kant wat oor 'n fietswiel sonder band geloop het. Sy idee was reg, maar die materiaal was te swak om die gewig te dra.

Hy het begin eksperimenteer. Eers 'n kruiwawiel sonder die rubberband met 'n tou, maar albei was te swak. Nog sterker toue en selfs plat bande is probeer, maar hy het toe besef 'n staalkabel is ál antwoord. Maar hoe dikker die kabel, hoe groter moet die deursnee van die katrol wees waaroor dit loop. Die slag van die windpomp is net sowat 250 mm en daardie stukkie kabel loop heen en weer oor die katrol, wat dit maklik kan laat knak en verweer as die katrol te klein is.

In 1968 het hy een van die kragtige "motorbakkies" wat destyds baie gewild was, gekoop. Die bakkie se remstelsel was onder verdenking en hy het in 1973 besluit om skyfremme te laat aanbring. Daarvoor moes hy heel nuwe voorwiele (nawe, vellings, laers en al) koop.

Een van die ou nawe en vellings was net die ding vir sy patent wat in 1976 die eerste keer gebruik is.

Hy het die volledige voorwiel met wiellaers aan 'n dwars yster vasgeheg wat aan die toring vasgebout is en met stabiliseerarms versterk is.

Aan die stang is 'n ogie vasgesweis waaraan die kabel vasgeheg is. Die wiel is só geplaas dat die kabel vertikaal feitlik teen die stang oploop en oor die velling van die wiel gaan, met die gewig aan die ander punt van die kabel. Die stang word dus presies vertikaal deur die gewig opgetrek.

Om die gewig weg van die stang te hou, het hy 'n plank aan die toring geheg waaroor die kabel loop sodat die gewig in die hoek van die toring op en af beweeg.

Die motorwiel is ook só vasgesit dat dit net weggeskuif kan word as pype opgetrek moet word en sodat dit nie heeltemal afgehaal hoef te word nie.

Om die regte grootte gewig te bepaal, is belangrik. Dit moet effens ligter wees as die stange en water in die pype sodat die windpomp nie die stange hoef af te druk nie, want dít verweer die ratte in die windpompkop.

Om dié gewig te bepaal, het hy 'n lengte pyp vol water met stang en al geweeg en só bereken dat die stang en water per pyplengte nagenoeg 10 kg weeg.

Hy het toe 'n bondel ysters stuk-stuk geweeg totdat hy die regte gewig gehad het en dit as proefneming aan die kabel gehang. Toe dít werk, het hy vir hom 'n betongewig gemaak van 250 kg, terwyl die water en stange in die gat sowat 260 kg geweeg het.

Omdat die windpomp nou baie ligter werk, laat 'n briesie wat skaars 'n mens se hare roer, die groot wiel draai. Omdat dit so maklik draai, word meer water ook gelewer. In sy geval kon mnr. Strauss ook die suier van 625 mm (2,5 duim) met een van 875 mm (3,5 duim) vervang, wat die waterlewering verder verbeter.

Sedert hy die patent in 1976 aan die windpomp aangebring het, moes hy slegs aan die houtblok werk wat sorg dat die gewig in die hoek van die windpomptoring hang. Geen stang het nog gebreek nie.

Daar is agt boorgate op die plaas. Vyf daarvan is diep en op al vyf het hy windpompe wat met dié patent werk. Intussen het hy ook 'n groot gronddam naby die opstal gebou wat, hoewel dit nie lank water hou nie, die ondergrondse water goed aanvul.

Dit, tesame met die goeie reën wat die vorige twee seisoene geval het, het die watertafel met goed 14 m laat styg.

24 Mei 2002


Die kabel loop oor die motorwielvelling wat só geplaas is dat die kabel loodreg langs die masstang oploop. 'n Lengte ronde yster is gevorm en aan die velling vasgesweis sodat die kabel om 'n wyer deel van die velling loop.


Só het mnr. Strauss die ou motorwiel aan die windpomp se toring vasgeheg. Twee stabiliseerarms hou dit stewig.


Met dié plank word die kabel na die hoek van die windpomptoring gdruk, sodat die gewig in die hoek op en af beweeg as die windpomp draai en uit die pad is.


Die gewig is van beton (wat in 'n ou emmer gegiet is). Beton kan bygevoeg of afgesny word om die gewig rg te kry. Dit moet sowat 10 kg ligter wees as die gesamentlike gewig van die water en stange wat deur die windpomp opgetrek moet word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot