Die vorige Desember het die Landbouweekblad-joernalis Willem van der Berg van Bloemfontein af koers gekies na die Boesmanland en Bo-Karoo, toe gerugte van “die groot reën op pad” sterk geloop het. Die plan was om die reën in te wag.
Hy moes egter op mnr. Dawid le Roux van Flamingosvlei se stoep hoor hoe “elke dag dieselfde geraak het”. Binne die huis is die tweerigtingradio stil. “Daai radio is gewoonlik heeltyd besig. Die boere hierso hou van gesels en om mekaar op die hoogte te hou.
Die afgelope tyd hoor jy niks op die radio nie. Mense se gemoedere is laag. Niemand weet meer wat om te sê nie.”