AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wêreld se GM-aanplantings bly groei

Aanplantings van GM-gewasse groei steeds internasionaal, sê ’n kenner van die Departement van Wetenskap en Tegnologie.

Die Suid-Afrikaanse oppervlakte waarop geneties gemodifiseerde (GM) mielies, sojabone en katoen geplant word, het verlede jaar met 16% tot 2,66 miljoen hektaar toegeneem. Volgens dr. Maneshree Jugmohan-Naidu, direkteur van landboubiotegnologie by die Departement van Wetenskap en Tegnologie, was Soedan die enigste ander Afrikaland waar GM gewasse verlede jaar geplant is.

Jugmohan-Naidu het by 'n mediakonferensie van die landboubiotegnologiebedryf (ABI) terugvoer gegee oor die 2016-verslag van die internasionale diens vir die verkryging van landboubiotegnologietoepassings (ISAAA). Sy het gesê GM saad is voorheen ook in Burkina Faso en Egipte geplant, maar tydelike terugslae het dit verlede jaar verhinder.

Aanplantings brei wêreldwyd uit

Internasionaal het 26 lande verlede jaar GM gewasse geplant en het die oppervlakte met 3% tot 185,1 miljoen hektaar gegroei. Buiten vir 2015, het die wêreldwye oppervlakte vir 20 jaar gegroei, in 12 jaar  met dubbelsyfers.

Die lande met die grootste oppervlaktes is, in volgorde, Amerika (72,9 miljoen ha), Brasilië (wat met 11% tot 49,1 miljoen ha gegroei het), Argentinië (23,8 miljoen ha), Kanada (11,6 miljoen ha) en Indië (10,8 miljoen ha). Dié vyf lande se aanplantings het saam 91% van die wêreld s'n verteenwoordig.

In Asië en die Stille Oseaan-gebied het groei gewissel na gelang van omstandighede. In Indië en China is GM katoenaanplantings deur lae wêreldpryse benadeel. In die Fillippyne en Mianmar het die oppervlakte onder GM mielies gegroei danksy 'n hoër vraag na voer vir lewende hawe en pluimvee, asook gunstige weersomstandighede.

In Australië was laasgenoemde ook die geval ná twee jaar van droogte, wat gelei het tot groter aanplantings van katoen en kanola.

Biotegnologie veilig

Jugmohan-Naidu het gesê 2016 was 'n belangrike jaar omdat Nobelpryswenners vir die eerste keer 'n verklaring uitgereik het ter ondersteuning van biotegnologie en waarin hulle kritici daarvan veroordeel het.

Verder het Amerika se National Academies of Sciences, Engineering and Medicine 'n oorsig gepubliseer van 900 navorsingstukke oor biotegnologie sedert 1996. Hierin is bevind daar is geen verskil tussen die waarskynlik risiko’s vir menslike gesondheid en die omgewing wat GM gewasse en konvensionele gewasse daarstel nie.

“Biotegnologie-gewasse het nou vir meer as 20 jaar 'n onbevlekte rekord van veilige gebruik en verbruik,” het Jugmohan-Naidu gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot