AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wêreldwye voedselkrisis dreig

Kenners waarsku dat die droogte in Amerika en die gevolge daarvan op voedselpryse ’n herhaling van 2008 se voedselkrisis kan veroorsaak.

Oos-Afrika is een van die wêrelddele wat die hardste getref kan word deur ’n voedselkrisis weens die droogte in Amerika.

Me. Marie Brill, ’n beleidsontleder van ActionAid, sê ander lande wat ook geraak sal word, is Suid-Korea, Japan, Peru, Guatamala, El Salvador en Colombia.

“Die droogte kom nou voor, maar mense gaan eers regtig die uitwerking daarvan voel oor ses maande van nou af, of moontlik oor ’n jaar,” sê Brill. Luidens ’n berig in The Guardian is Brill een van verskeie kenners wat waarsku teen die gevolge van die droogte.
 
Ander voedselkenners vrees dat die droogte kan lei tot ’n herhaling van 2008 se wêreldvoedselkrisis. Tydens dié krisis het onrus en protesaksie weens hoë voedselpryse in dele van Afrika, die Midde-Ooste en Latyns-Amerika voorgekom.
 
Ernstige situasie
Mnr. Robert Thompson, ’n voedselsekerheidkenner van Chicago se Raad van Wêreldsake, sê gebeure in Amerika se mieliebedryf het ’n reuse-uitwerking op die res van die wêreld.

Laer voorraad en gevolglik hoër mieliepryse kan ook tot hoër koringpryse lei. “Ek meen ons kan ’n baie ernstige situasie wêreldwyd verwag,” sê Thompson. Die pryse van mielies en sojabone het die afgelope maand rekordhoë vlakke behaal.
 
Me. Sophia Murphy, ’n verteenwoordiger vir die Instituut vir Landbou en Handelsbeleid in Amerika, sê die wêreldwye graanvoorraad het 'n nuwe laagtepunt bereik. Amerika en ander lande is besig om hul reserwe-voorraad te gebruik. Amerika se reserwes is bykans opgebruik. Dit beteken daar is min beweegruimte vir lande wat gedwing word om grane in te voer.
 
Volgens Thompson sal lande die kwessie vererger deur hul voorrade op te gaar, want dit sal verdere druk op hoë kommoditeitspryse plaas.
 
Suid-Afrika
Intussen berig die Port Elizabeth Herald dat die Reserwebank voorsien dat voedselpryse in die komende maande in Suid-Afrika hoog sal bly. Dit word toegeskryf aan hoër vervoer-, elektrisiteits- en verkoelingskostes asook loonverhogings.
 
Luidens die bank se jongste ekonomiese verslag verwag die bank hoër pryse ten spyte van die daling wat die verbruikersprysindeks (VPI) sedert Mei die jaar aangeteken het.

Die daling is ’n gevolg van laer pryse vir brood, graankosse, vleis, olies en vette, vrugte en groente. Die verslag maak spesiaal vermelding van die daling in vleisprysinflasie, wat volgens die bank se statistieke tussen Desember 2011 en Mei 2012 van 16,7% tot 7,0% gedaal het.
 
Bronne: Guardian en Port Elizabeth Herald
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
-0.6%
Rand - Pond
20.11
+0.6%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,712.07
-0.8%
Silwer
20.50
-2.7%
Palladium
2,306.00
-0.7%
Platinum
924.00
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,302
-0.9%
Alle aandele
65,718
-0.9%
Hulpbronne 10
63,565
-1.6%
Industriële 25
79,584
-0.6%
Finansiële 15
13,983
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot