AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Werk saam, kla minder’

akkreditasie
Mnr. Nicol Jansen. Foto: Johan Norval
Mnr. Nicol Jansen. Foto: Johan Norval
Landbougemeenskappe moet eerder saam met ander gemeenskappe werk as om gal te braak.

Landbougemeenskappe wat oor die afgelope jare talle probleme te bowe moes kom, moet afbrekende emosies met opbouende samewerking verplaas en met belanghebbendes saamwerk vir ’n beter Suid-Afrika.

Só het mnr. Nicol Jansen op Woensdag 25 Augustus in sy voorsittersrede op die 42ste kongres van Agri Noord-Kaap gesê.

Hy het op dié virtuele kongres daarop gehamer dat boere nie moet gal braak nie, maar eerder met ander gemeenskappe vir volhoubare ontwikkeling saamwerk.

“In weerwil van natuurtoestande, ekonomiese insinking, individuele kontantvloeiprobleme, politieke onstuimigheid en die bedreiging van die grondwet, humanitêre krisisse, anargie en plundering, asook verhoogde onveiligheid, kan ons met dankbaarheid ’n moeilike jaar in oënskou neem.

“Staatsdepartemente reageer nie gunstig op verwyte en kritiek nie. Afbrekende kommentaar op sosiale media gaan nie help dat die landelike veiligheidsplan bevredigend in werking gestel word nie.”

Hande gevat

Hy het die afgelope tyd gunstige ontwikkeling waargeneem. “Gemeenskappe het hande gevat om ná die onrus op te ruim en hul woonbuurte te beskerm, dadelik humanitêre hulp aangebied en die nodige lewensmiddele na die onlustegeteisterde gebiede gestuur. Agri SA en sy affiliasies het opbouend gereageer om vragmotors te beveilig, kos te versprei, noodleniging te bring en menslikheid te bewys.”

Volgens hom is opbouende deelname en welwillendheid die stukrag vir ’n beter toekoms. “Boere in droogtegeteisterde gebiede het bewys hoe hulle steeds soggens opstaan, veld toe loop, skaap kos gee en alles môre herhaal. Deursettingsvermoë en daadwerklikheid sal ’n toekoms verseker. Opbouende energie is aansteeklik, voed kreatiewe denke en verbeter gesondheid.”

Vennootskappe

Sy doelstellings vir die Noord-Kaap is dat volhoubare vennootskappe aangegaan en kennis uitgeruil word om transformasie te bespoedig. Ontwikkeling en uitvoerbare volhoubare planne is noodsaaklik.

“Ons moet na staatsdepartemente, die polisie, Eskom, Transnet, die poskantoor en so aan uitreik vir beter dienslewering. Ons moet ons kundigheid tot voordeel van die gemeenskap inspan. Die weerstand tussen die georganiseerde burgerlike samelewing en die regering moet oorkom word sodat hulpbronne beter benut kan word.”

Die regering moet egter op verantwoordelike wyse tot verantwoording geroep word. “Goeie ekonomiese en korporatiewe bestuur moet die grondslag van gesprekke wees.” 

Hulp dringend nodig

Jansen het die provinsiale regering versoek om nie die georganiseerde landbou uit te sluit nie, want “ons is in buitengewone omstandighede. Ons benodig dringend doeltreffende hulp weens die droogte en ná die onlangse brande.”

Hy het die departement van landbou bedank vir ’n deeglike vroeë waarskuwingsverslag oor verwagte klimaatstoestande. “Die LUR (me. Mase Manopule) se aanbod van veevoer van die navorsingstasies word verwelkom. Ons sal die vervoerkoste daarvan dek, maar dit moet vinnig beskikbaar gestel word. Plaaslike landboumaatskappye moet gebruik word om droogtehulp te versprei.”

Die organisasie sal help met mentorskap en vaardigheidsoordrag vir opkomende boere.

Agri Noord-Kaap werk saam met die departement van samewerkende regering om die rol van distriksmunisipaliteite duidelik te maak wanneer rampverklarings gedoen moet word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot