AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Werksgeleenthede in landbou neem toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Primêre werksgeleenthede in die landbou het in die eerste kwartaal vanjaar met 7% teenoor die eerste kwartaal in 2021 gestyg.

Ondanks baie reën aan die begin van die 2021-’22-produksieseisoen wat sommige gewasse sodanig beskadig het dat dit oorgeplant moes word, toon data wat vandeesweek deur Statistieke Suid-Afrika beskikbaar gestel is dat dit in die eerste kwartaal nie tot nadeel van werksgeleenthede in die primêre landbou was nie.

Volgens die data was daar 844 389 werksgeleenthede, wat heelwat meer as die langtermyngemiddelde van 780 000 is. Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê daar was vrese dat die rowwe begin van die jaar tot nadeel van primêre werksgeleenthede in die sektor sou wees.

“Die kombinasie van die bedrywighede op plase waar oorgeplant moes word, tesame met goeie oeste van sagtevrugte het werksgeleenthede ondersteun. Ander subsektore soos veeproduksie het ook tot werksgeleenthede bygedra. Waar daar wel werksgeleenthede verlore gegaan het, was met bosbou en akwakultuur.”

Uit die onderskeie provinsies het die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Limpopo ’n toename aangemeld wat die verliese in die ander provinsies oorskadu het. Daarom was die styging 7% op ’n jaargrondslag. Die werksgeleenthede was minder as die 868 000 van die laaste kwartaal van 2021, maar meer as die 829 000 van die derde kwartaal.

Sihlobo sê met verwagtinge van goeie sitrus-, somergraan- en oliesade-oeste en redelik goeie bedrywighede in ander sektore, verwag hy dat indiensneming op dieselfde vlakke sal bly vir die res van die jaar. “Die lewendehawe- en wolbedryf sit egter met stygende voerkoste en bek-en-klouseer-uitbrekings wat uitvoer beperk, wat die toekoms onseker maak en fyn dopgehou moet word.

“Ander subsektore ondervind probleme met onvoldoende infrastruktuur soos paaie, spoorvervoer, hawens, water en elektrisiteit, sowel as munisipaliteite wat nie hul werk kan doen nie en die koste om sake te kan doen opjaag. Daarby het die moeilike ekonomiese omstadighede in Suid-Afrika nou tot arbeidsonrus gelei wat fyn dopgehou moet word. Ons bly egter optimisties oor die landbou se vermoë om werk te skep, selfs in hierdie moeilike tye.”

Uitvoer

Nog goeie nuus is dat handelsdata vir die eerste kwartaal toon dat uitvoer met 1% op is tot $2,96 miljard (R46,2 miljard) ondanks die vloede in Durban wat vervoerinfratruktuur vernietig het, en op later uitvoer ’n invloed kan hê. Uitvoer is 1% hoër op ’n jaargrondslag en 6% hoër teenoor die vorige kwartaal. Die vernaamste uitvoerprodukte was druiwe, mielies, wyn, appels, pere, perskes, kersies, appelkose, wol en vrugtesap.

Shilobo sê hulle verwag dat van hierdie produkte die res van die jaar boaan die uitvoerlys sal bly en dat sitrus, neute en suiker ook sal bydra.

Wat uitvoerbestemmings betref, was Afrika boaan die lys in die eerste kwartaal met 41% van die uitvoer in waarde, gevolg deur die Europese Unie en Asië met 24% elk en Brittanje met 9%.

“Doeltreffende logistiek is ook van groot belang wat invoer betref omdat Suid-Afrika afhanklik is van ander lande vir belangrike voedselprodukte soos rys, koring, palmolie, sonneblomolie en suiwelprodukte,” sê Sihlobo. “Produkte soos rys en palmolie kan weens weersomstandighede nie volhoubaar plaaslik geproduseer word nie.”

In die eerste kwartaal van 2022 het landbou-invoer met 17% op ’n jaargrondslag toegeneem tot $1,86 miljard (R29 miljard). Suid-Afrika het in hierdie tydperk ’n handelsurplus van $1,1 miljard (R17 miljard) gehad, wat 18% laer is as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot