AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Werktuie van R35 m. vir boere in Kongo

’n Reuse-konvooi van 8 km, met sowat R35 miljoen se landbou-toerusting, vertek vandag na SA boere in die Republiek van die Kongo.

Suid-Afrikaners se boerdery in die Republiek van die Kongo het ’n reuse-hupstoot gekry met R35 miljoen se landbou-toerusting wat Donderdag, 25 September, per pad soontoe vertrek, en die landboumaatskappy Afgri wat beplan om sy betrokkenheid daar uit te brei.

Mnr. Deon Lezar, voorsitter van Congo Agriculture (CA), sê dié konvooi – seker een van die grootstes wat nóg na Afrika vertrek het – strek oor sowat 8 km as dit beweeg. Dit sluit onder meer in 12 swaarvragmotors wat toerusting vervoer, ’n stroper, twee moderne knakker-trekkers, twee ander 200kW-trekkers, twee tipwaens van 8 ton elk, vier 12-ry-planters en ander toerusting vir grondbewerking.

Die konvooi behoort Vrydag die grens na Botswana oor te steek. Vandaar gaan dit deur Namibië, Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo en weer Angola voor dit in die Brazzaville-Kongo aankom.  “In die proses moet ons deur 14 grensposte gaan en die rit behoort ons omtrent 20 dae te neem, afhangende van hoe lank dit neem om deur die grensposte te beweeg. In die verlede is ons al vyf dae by ’n Angolese grenspos teruggehou,” sê Lezar, wat vir die derde keer dié tog per pad aanpak.

Die nuwe hupstoot kom nadat die boere wat nog aktief in die Kongo boer, ’n suksesvolle seisoen agter die rug het. Met strooptyd wat sy einde nader, het die Todi-groep van graanboere, wat op die plaas Malolo in die Niari-vallei boer, tussen 3t/ha en 4 t/ha op die 1 500 ha mielies afgehaal.

“Oor die laaste twee jaar het ons baie geleer en heelwat struikelblokke oorkom. Ons is nou gereed om ons onderneming aan die Kongolese regering gestand te doen om produksie uit te brei. Vir die  nuwe seisoen wat Oktober begin, wil ons 3 000 ha aanplant.”

Lezar sê een van hul grootste probleme was om landboukalk in die hande te kry. Die vorige seisoen kon hulle net daarin slaag om 500 ton te koop. Waar hulle kalk kon strooi was die mielie-opbrengs baie goed. Hulle beplan om nou self kalk uit ’n gwarrie op die plaas te myn sodra hulle lisensie afgehandel is.

Die boere wat nou steeds betrokke is, is die Todi-riviergroep van 8 boere en ook mnr. Wynand du Toit, wat op sy eie grond boer.

Mnr. Dirk Hanekom, voorsitter van Agri SA se Afrika-beleidkomitee, het hulle gelukgewens met die vordering wat daar was. “Omdat hulle hulself bewys het, het die Kongolese landbouminister, mnr. Rigobert Maboundo, nou 40 000 ha van die aanvanklik 80 000 ha aan die groep beskikbaar gestel vir uitbreiding.”

Agri SA sal steeds betrokke bly by die ontwikkeling van die res van die grond, maar volg ’n keuringsproses om geskikte boere te vind met die nodige kennis en finansiering om betrokke te raak.

Mnr. Chris Venter, uitvoerende hoof van Afgri, sê as deel van die onderneming se uitbreiding in Afrika, gaan Afgri in ’n groter mate daar betrokke raak. Meer besonderhede sal later bekend gemaak word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot