AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wes-­Kaap besin oor droogtestrategie

“Alles wat ons in die landbou doen, moet deur die klimaat en water gedikteer word.”

Oorbruggingsfinansiering om opkomende boere, wat weens die voortslepende droogte sukkel om kop bo water te hou, op plase te hou is as een van die Wes-­Kaap se belangrikste droogte-uitdagings uitgeken.

Die Wes-­Kaapse departement van landbou het al R1,5 miljoen as ’n soort maatskaplike reddingsboei aan sowat 58 swart graanboere en hul werkers uitbetaal. Elke boer kry ’n toelaag van ongeveer R8 500 per maand om te oorleef deur die taai droogte.

Sowat 70% van die minimum loon vir hul werkers word ook deur die regering gedra, het mnr. André Roux, direkteur van volhoubare hulpbronbestuur by die departement van landbou, gesê. Die departement het ook al R6 miljoen aan produksiemiddele opgedok sodat die opkomende boere weer vanjaar kan plant.

Mnr. Mogale Sebopetsa, waarnemende hoofdirekteur van plaaswerkerondersteuning en -ontwikkeling by die departement van landbou, het gesê die bestaanstoelaag sal tot Desember uitbetaal word. Altesaam 120 belanghebbendes het ’n tweedaglange strategiese sessie op Elsenburg bygewoon waartydens 32 uitdagings wat deur die droogte meegebring word, geïdentifiseer is.

Finansiële bystand aan opkomende boere is heel bo­-aan dié lys. Heelwat van die uitdagings stem ooreen met dit wat in die SmartAgri-­plan vervat word. Die SmartAgri­-plan vir die provinsiale regering, akademie en privaat sektor is ’n gekoördineerde plan om op klimaatsverandering te reageer.

Uitdagings vir opkomende boere

Volgens mnr. Elton Jefthas, ondervoorsitter van Afasa, weerhou die huidige grondbeleid swart boere daarvan om by banke aan te klop vir finansiële hulp tydens droogte. “Hulle besit nie die grond nie, maar huur dit gewoonlik en kan daarom nie grond as sekuriteit aanbied om hul produksie te finansier nie.”

Nuwe toetreders moet gewys word op die risiko van klimaatverandering wanneer hulle ’n besigheid in die landbou staanmaak. “Ons moet seker maak hulle verstaan hoe die klimaatsiklusse werk en weet hoe om hulself daarvoor voor te berei. Nuwe toetreders het nie die kennis en generasies se ervaring oor hoe om droogte te hanteer nie,” sê Jefthas.

Jefthas sê kommunikasiestelsels moet ook onder die loep geneem word. “Baie van ons boere het die moderne kommunikasiestelsels soos e-­posse en internet nie en baie van die inligting oor byvoorbeeld bewaringslandbou is op daardie platforms. Ons moet of die opkomende boere se kommunikasiestelsels opskerp of ander maniere kry om toe te sien dat die inligting by hulle uitkom.”

Hy het ook ’n beroep gedoen dat ’n soortgelyke droogtedialoog by plaaslike regerings plaasvind. Me. Ilse Trautman, hoofdirekteur van navorsing en tegnolgie­-ontwikkelingsdienste by die departement van landbou, het voorgestel dat filters ingebou word in die Casp-­aansoekproses (omvattende steunprogram vir die landbou), sodat boerderye vanuit die staanspoor meer waterslim en energiedoeltreffend aangepak word.

“Alles wat ons in die landbou doen, moet deur klimaat en water gedikteer word, en in ’n mindere mate ook deur elektrisiteit. Ons moet holisties hierna kyk en nie net deur finansiering ’n pleister op die probleme plak nie.”

Droogte slaan hard

Roux sê syfers toon die hoë temperature tydens die produksieseisoen het die Wes-­Kaapse vrugtebedryf sowat R720 miljoen se verliese laat ly weens klein vruggroottes. ’n Kleiner wyndruifoes kan tot skade van R525 miljoen (waardeketting ingesluit) lei. In die Swartland het sowat 200 000 t graan tot niet gegaan en die son het sowat 230 ha aartappels in die Sandveld doodgebrand.

“Die meeste boere in die vrugtebedryf het net­net deurgekom met hul water, maar baie kon nie die nodige na-­oes­besproeiing gee nie, wat ’n invloed gaan hê op die volgende twee, drie jaar se oeste. Ons is ook in ’n situasie waar ons damme nie vol is nie. Dit kan tot ’n krisis lei. Daar het genoeg reën in die Swartland geval, maar as ons nie opvolgreën kry nie, kan dit tot misoeste lei. Ná so ’n droogte neem dit drie tot vyf jaar voor ’n mens enigsins gemaklik kan raak.”

Volgens Roux het die departement altesaam al 780 boere met voeraankope gehelp (216 hiervan was opkomende boere). “Ons het nog sowat R11 miljoen oor om te help, maar is dringend op soek na addisionele fondse.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot