Die Wes-Kaapse departement van landbou is onlangs as die top Regeringsdepartement vir vrouebemagtiging aangewys.
Luidens ‘n verklaring het die departement met dié toekenning by die Top Women Awards in Johannesburg weggestap.
Die departement is die enigste provinsiale departement wat die finale rondte van vier gehaal het. Die ander finaliste was nasionale departemente.
Oorskryf nasionale voorskrifte
Die minimum kriteria vir die persentasie vroue in die werkplek is 33,3%. Dié departement se werkmag bestaan uit 40% vroue. Hulle moes bewys dat hulle minstens 25% vroue in bestuursposisies het. Dit het wel ’n totaal van 37,5% vroue in top-bestuursposisies.
Die departement het ook vrouebemagtigsteikens en sleutelprestasie vir dienslewering binne sy begrotingsgrense bereik. “Die departement is ook geloof vir sy visie vir vrouebemagtiging vir die toekoms,” lui die verklaring.
15 September 2010