AFGRI
BEAN
27 Jan
-
9479
0,00
CORN
27 Jan
-
4568
0,00
SOYA
27 Jan
-
9642
0,00
SUNS
27 Jan
-
12400
0,00
WEAT
27 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
27 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
27 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Wes-Kaap: Twee droë winters eis sy tol

'n Goeie en tydige winterreënseisoen in die Wes-Kaap raak by die dag meer belangrik.

Die Wes-Kaap nader ’n krisis met watervoorsiening, en die reënseisoen wat moontlik laat kom, kan watervoorrade se doodskoot wees.

Gerugte dat die Wes-Kaap binne etlike maande sonder water kan wees, doen al geruime tyd die ronde.

Mnr. Sputnik Ratau, woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, sê gerugte dat die Wes-Kaap nie die winter sal haal met sy watervoorraad nie, is nie akkuraat nie. Ratau erken egter dat die situasie kommerwekkend is.

“Ek dink nie die provinsie sal sonder water sit nie, maar daar is damme wat minder as 10% vol is. Die Gamkapoortdam naby Prins Albert het tans geen water nie.”

Boere sukkel

Ratau sê munisipaliteite en die Regering doen alles in sy vermoë om goeie watergebruik te handhaaf. “As daar geen water is nie, moet die munisipaliteit ’n alternatiewe plan maak om water te kry, wat beteken water moet van ander reservoirs oorgeplaas word.

Volgens Agri Wes-Kaap ervaar vrugteboere tans verskeie problem met watervoorrade. Water wat vir die na-oes opgegaar is, moes reeds vir die voor-oes gebruik word.

Kommer hhers oor sitrus-aanplantings wat van die leë Brandvleidam afhanklik is. Dié aanplantings moet nog tot Junie water kry. Boere wat water uit die Theewaterskloofdam gebruik, se gebruik is ook met 20% ingekort. Indien dié dam se vlakke tot 29% daal, sal verdere maatreëls in plek gestel word. Volgens die Departement is dié dam tans 36,3% vol.

Intussen versoek Agri Wes-Kaap dat boere toegelaat word om damkapasiteite op hul plase te verhoog en dat duur omgewingsimpakstudies en wetlike verpligtinge rakende dit hersien word.

Lisensie vir opgaardamme

“Produsente wat water in tye van surplus wil opgaar om die plaas as ’n ekonomiese eenheid aan die gang te hou, kan nie jare wag voordat ’n lisensie vir die bou van ’n opgaardam uitgereik word nie. Die beperking deur wetgewing op die landbou om water op te gaar, plaas voedselsekerheid onder hewige druk,” sê me. Jeanne Boshoff, woordvoerder van Agri Wes-Kaap.

Me. Bronwynne Jooste, woordvoerder vir mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede (verantwoordelik vir toerisme, ekonomiese ontwikkeling en die landbou), sê waterbronne word geleidelik uitgeput. “Indien ons ’n laat aanvang van die winterreënseisoen het, gaan dit die situasie drasties vererger.

“Een van die fokusareas van die Wes-Kaapse departement van landbou is om besproeiers by te staan om hul besproeiingswater so doeltreffend moontlik te benut, asook die aanmoediging van bewaringsboerdery om grondvog te bewaar.  Dringende aandag moet ook gegee word aan die hergebruik van water.

'Katastrofiese gevolge'

“Nóg ’n droë winter gaan katastrofiese gevolge inhou. Boere se eie damme het tans baie min water en die aanvulling wat daaruit verkry is vir besproeiing in die huidige seisoen, gaan nie in die volgende somer beskikbaar wees nie.

“Die water in die stelsel het stelselmatig afgeneem oor die afgelope vier jaar en dit toon duidelik die impak van twee droëe winters. Ondergrondse waterbronne is beperk aangevul gedurende die afgelope twee winters en boorgate begin in sekere gebiede reeds opdroog.”

Intussen sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, dat dit wel lyk asof die Wes-Kaap gaan moet wag vir reën.

“Ondergemiddelde tot gemiddelde reënval kan vir die winterreënseisoen verwag word. In hierdie stadium is die reënval baie onvoorspelbaar, maar dit lyk of dit later as normaal in die Wes-Kaap gaan reën,” sê Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
+0.8%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot