AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wes-Kaap vereer vroue in landbou

Die Wes-Kaap se voorste vroue-entrepreneurs in die landbou is as deel van Vrouemaand se vieringe vereer.

Die wenners van die jaarlikse entrepreneurskompetisie vir vroue in die landbou is vir die 15de keer tydens ’n geleentheid wat deur die Wes-Kaapse departement van landbou gereël is, aangewys.

Die kompetisie is ’n gesamentlike inisiatief van die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die provinsiale departemente van landbou. Die bydraes van vroue ten opsigte van voedselsekerheid, werkskepping, ekonomiese groei en armoedeverligting word beloon.

Mnr. Alan Winde, minister van van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, het gesê dis belangrik om die Wes-Kaap se entrepreneurs te vereer. Winde het vanjaar se wenners en finaliste aangemoedig om werktuie te word om vroue en jong mense na die landbou te bring om dié sektor se groei te stimuleer. “Een van my groot doelwitte is om te sien hoe vroulike entrepreneurs in die landbou begunstigdes word van grondhervormingsprogramme,” sê Winde.

In haar toespraak het me. Carole Kirkwood-Pretorius, verlede jaar se wenner in die entrepreneurskategorie vir kleinskaalse boere, die departement geloof en gesê die kompetisie het haar van 'n kleinskaalse boer na 'n kommersiële boer help uitstyg. Haar raad aan vroue in die landbou was: “Volg jou droom, moenie wag vir iets om te gebeur nie.”

Vanjaar word die nasionale kompetisie op 22 Augustus op Mafikeng gehou waar provinsiale kategoriewenners om die nasionale toekennings sal wedywer. 'n Nasionale wenner sal ook aangewys word.

Die volledige lys van wenners:

Beste werker: Claudie Daniels. Sy werk by ’n bergingsfasiliteit waar plaaslike en internasionale wyn vir wynplase gebotteleer, van etikette voorsien en versprei word.

Selfversorgende boer: Nomonde Kweza. Sy bedryf ’n groentetuin en boer ook met erdwurms wat sy in haar tuin gebruik. Sy help ander mense wat sulke tuine wil begin en voorsien hulle van erdwurms.

Kleinskaalse boer: Eleanore Swart. Sy kweek tamaties in tonnels vir verskeie plaaslike markte.

Verwerking: Ilse Ruthford. Sy is in ’n bestuursposisie en ’n aandeelhouer van die trust. Sy het ook ’n groentetuin vir die werkers ge?nisieer. Hulle het ook pas hul eie wyn begin botteleer van druiwe wat op hul eie grond verbou word.

Kommersieel: Jeanne Groenewald. Sy boer met hoenders en is die eienaar van Elgin Free Range Chickens. Sy is die grootste verskaffer van gesertifiseerde vryloop-hoenders vir talle markte, Woolworths ingesluit.

Ministeriële toekenning: Samantha Smiles. Sy beskik oor 'n uiteenlopende sake-onderneming met die fokus op skape en wol. Sy hou ook vee en varke aan.

Inligting verskaf deur die Wes-Kaapse departement van landbou.

Byskrif: Van links is mes. Ilse Ruthford (verwerking), Jeanne Groenewald (kommersieel), Minister Alan Winde, mes. Samantha Smiles (ministeriële toekenning), Eleanore Swart (kleinskaalse boer), Claudie Daniels (beste werker) en Nomonde Kweza (selfversorgende boer). Klik net op foto om te vergroot.

Females

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot