
Die tweede weergawe van die wetsontwerp op die behoud en ontwikkeling van landbougrond is in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer.
Dié wetgewing wil sien dat regulasies in plek gesit word om landbougrond te beskerm teen onderverdeling en ontwikkeling. Kommentaar kan tot 30 Oktober gelewer word.
Waar landbougrond onderverdeel en dan ontwikkel word, is dit onherroeplik en daardie grond sal waarskynlik nooit weer vir landbou-produksie aangewend kan word nie.
Die Regering het reeds in 1998 ’n kennisgewing in die Staatskoerant geplaas oor sy voorneme om die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970) te herroep, wat die onderverdeling van landbougrond moontlik maak.
Om te verseker dat landbougrond in die toekoms beskerm word, het hy begin om wetgewing vir die behoud en ontwikkeling van landbougrond te formuleer.