Boere in KwaZulu-Natal meen toenemend die polisie en die regbank is nie aan hul kant nie, al gee die provinsie se polisie die versekering dat dit nie die geval is nie.
Drie onlangse gevalle dui volgens waarnemers op skreiende dubbele standaarde by die vervolgingsgesag en polisie: Mnr. Garth Simpson van Glencoe was teen druktyd steeds in aanhouding ná hy borgtog geweier is in verband met die skietdood van mnr. Qiniso Dlamini, klaarblyklik uit selfverdediging, op 28 September tydens ’n struweling oor vee wat onwettig op sy grond gewei het.
Borgtog is dadelik toegestaan aan mnr. Ungakhohlwa Alfon Zulu (75), wat teregstaan op ’n moordklag wat verband hou met die skietdood op 24 Oktober van mnr. Rajithkumar Ajay Ha- ripersaad (58) van Muden.