AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wie is in beheer van Safex-pryse?

Word Safex-pryse gemanipuleer? Die vraag is al telkemale gevra.

Dié opskrif is nie nuut nie: Voorheen is al oor hierdie onderwerp in die landbou-media berig, onder andere ook op Landbou.com. Hierdie persepsie onder baie boere en ander markdeelnemers bestaan steeds en wil maar net nie die wyk neem nie.

Die Julie 2016 Safex-witmieliekontrak het gedurende Maart 2015 begin verhandel. Pryse het tussen R2400 en R2500 per ton gewissel. Hierna het die prys van Julie 2016 wit mielies geleidelik begin styg en het aan die begin van November 2015 vir die eerste keer tot bokant R3000 gestyg. Berigte oor ‘n kwaai El-Niño het al hoe meer prominent geword.

Hierna was daar net een pad en dit was opwaarts. Die sluitingsprys vir Julie 2017 wit mielies was op 18 Januarie 2017 bo R5000 per ton, want El Niño het gerealiseer en witmielie-aanplantings was meer as ‘n derde laer as die vorige seisoen. Dit was ‘n uitgemaakte saak dat wit mielies, skaars in die wêreld en boonop van twyfelagtige gehalte, ingevoer moes word. Daar was ‘n grondige, logiese rede vir pryse om hierdie sprong te maak.

Grafiek 1:

Desember 2016 wit mielies het in Januarie 2016 begin verhandel teen R4722 per ton en op 18 Mei ‘n sluitingshoogtepunt van R5182 bereik. Hierna het wit mielies begin daal tot ‘n laag (tot dusver) van R3432 op 10 Oktober 2016. Dit is ‘n daling van meer as R1700 per ton. By hierdie laagtepunt was die prysverskil tussen Desember wit- en geelmielies minder as R200 per ton.

Watter fundamentele faktore was verantwoordelik vir hierdie daling? Die mees voor die hand liggende oorsaak kan internasionale pryse wees. Op 18 Mei was die randwaarde van een ton geelmielies wat op Chicago verhandel R2466 en op 10 Oktober R1866, ‘n daling van R600.

Grafiek 2:

Dit kan sekerlik nie nie ‘n daling van amper drie keer meer verklaar nie. Die premie (bo die wêreldprys van geel mielies) van internasionale wit mielies moes heeltemal verdwyn het om só ‘n daling te regverdig.

‘n Verdere moontlikheid is dat vraag- en aanbod-veranderings veroorsaak het dat wit mielies nie meer ingevoer moet word nie. By die aanbodkant het die witmielie-oes het wel met 186 000 ton (6%) in bogenoemde tydperk groter geword, maar het slegs die hoeveelheid wat ingevoer moes word, verminder, en was nie naastenby genoeg om verdere invoere te stop nie. Skattings van volgende jaar se oes wat vroeg gelewer gaan word (Februarie en Maart 2017) lyk asof dit minder as vorige jare gaan wees, en is in elk geval ‘n normale deel van aanbodbepalings.

Die binnelandse verbruik en uitvoer na buurstate aan die vraagkant bly redelik konstant en dit lyk asof hier net ‘n geringe daling verwag kan word, heeltemal te min om witmielie-invoere te stop.

Prysbewegings

As groot prysbewegings nie fundamenteel verduidelik kan word nie, is dit logies dat mense in die mieliebedryf vrae oor die moontlike manipulasie van Safex-pryse te begin vra. ‘n Persepsie bestaan dat groot rolspelers (wie hulle ook al mag wees) of groot rolspelers tesame (samespanning?) vooraf besluit hoe pryse op ‘n spesifieke dag of tydperk sal verloop.

Dalk is daar wel ‘n grondige rede vir hierdie reuse-daling, byvoorbeeld geen premieverskil tussen ingevoerde wit- en geelmielies nie, maar dat net ‘n paar instansies daarvan bewus is. Is hierdie en ander inligting, soos die kwaliteit van ingevoerde wit mielies privaat, of moet dit soos bv. hoeveelheid mielies ingevoer, ook deur Sagis gepubliseer word?

Gedwonge verkope?

Of was die spekulatiewe koopposisies deur groot sowel as klein markdeelnemers van so ‘n aard dat bogenoemde faktore soos ‘n effens laer internasionale prys en ‘n effens groter witmielie-oespryse afwaarts laat oorreageer het? Dit kon ‘n vlaag van gedwonge verkope as gevolg van ‘n kontantvloei-tekort veroorsaak het.

Die grafiek hieronder (rooi stawe) wys die verskil tussen die laagste en hoogste prys op ‘n spesifieke dag vir die Desember 2016 Safex-witmielie termynkontrak. Op 18 Oktober (9:00 tot 12:00) was hierdie verskil R206 per ton. Gedurende hierdie tyd het die wisselkoers sowel as die Chicago-prys van geel mielies weinig verander en nuwe fundamentele inligting soos bv. oesskattings is nie bekend gemaak nie. Is hierdie wisseling die normale werking van vraag en aanbod of is dit ‘n rolspeler (of rolspelers wat saamwerk) wat finansieel só sterk is dat dat hy/hulle bepaal wat die vraag of aanbod op ‘n spesifieke tyd is?

Grafiek 3:

Is markmanipulasie op Safex ‘n feit, of is dit net ‘n persepsie as gevolg van oningeligtheid oor die werking, maar veral die reëls wat met verhandeling op ‘n termynmark gepaard gaan? Wat kan gedoen word om persepsies te verander? Die antwoord kan dalk genoegsame inligting wees.

‘n Inligtingsveldtog deur die JSE om die maatreëls wat wel in plek is om prysmanipulasie te verhoed, kan baie in hierdie verband doen. Dit is belangrik dat so ‘n veldtog op ‘n groter gehoor as net Safex-handelaars gemik moet wees.

* Johann Strauss is ‘n navorser by BVG Securities.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot