
Vrugteboere het gejubel oor die ysige wurggreep wat groot dele van die land vasgevang het, soos op die Bo-Swaarmoedpas naby Ceres.
In Kaapstad is ’n rekordlae temperatuur van 5.9°C op 10 Junie gemeet, terwyl die Karoo en Vrystaat ook lekker koud gekry het.
Marisa Fockema van Volksblad skryf dat die temperatuur vandeesweek op 'n plaas by Dewetsdorp met sonopkoms op -13°C vasgesteek het. Diere se krippe en honde se waterbakke was ook gevries. Nog ’n kouefront gaan heel moontlik die suide van die land oor die naweek tref.
Op die plaas Buffelsfontein naby Molteno in die Noordoos-Kaap het die kwik op 11 Junie volgens mnr. Sandy Stretton tot -18,3 grade Celsuis geval, ietwat warmer as die koudste temperatuur van -18,6 grade Celsuis wat nog ooit op sy plaas op 28 Junie 1996 gemeet is. “Dit was windstil, met geen wolke en geen vog nie, perfekte toestande vir sulke koue weer,” vertel Sandy, wat vir jare al beweer sy plaas is die koudste plek in Suid-Afrika.
Hoe koud was dit by jou? Laat weet ons.
Van hierdie foto's is op Uitkoms geneem oorkant Laastedrif op die Bo-Swaarmoedpas en van hulle is by Kleinvlak geneem langs Laastedrif, laat weet Wendy Roux, wat dit vir ons ingestuur het. Klik net op die foto's om dit te vergroot.
Van die foto's is op Uitkoms geneem oorkant Laastedrif op die Bo-Swaarmoedpas en van hulle is by Kleinvlak geneem langs Laastedrif. Foto's: Wendy Roux