
Meer as 200 voerbale is gereed vir versending aan boere wat dit benodig, maar die wiele ontbreek.
Boere in die somerreëngebied, wat reën gehad het, het voer geskenk aan boere wat steeds sukkel met die koste en beskikbaarheid van voeding van hul vee.
Volgens mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, is vragte voerbale by Devon, Rayton en Brits beskikbaar. Dié skenkings is vir verspreiding na veeboere wat hulp benodig. By Rayton is reeds 200 bale gereed.
Vervoermaatskappye of enigeen wat kan help met die verskuiwing van dié voerbale na droogtegeteisterde gebiede, kan die TLU SA by 012 804 8031 vir meer inligting skakel.