AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Wild: Bly kalm, maak plan – Lood Bester

Wildboere moet nou lesse leer uit die verlede, realisties wees oor pryse en hulle daarop toespits om deur die huidige ekonomiese siklus te werk en die wildbedryf na die volgende vlak te neem, skryf mnr. Lood Bester van Wildswinkel.

Op sosiale media-platforms, waar breedvoerig oor wild en wildboerdery gepraat word, bestaan onsekerheid oor die wildmark. Wildpryse het dramaties verlangsaam en wildtelers én beleggers is onseker oor wat om nou te doen, skryf mnr. Lood Bester, uitvoerende hoof van Wildswinkel. Sy artikel is in Landbouweekblad van 30 Junie gepubliseer.

“Ek wil ’n beroep doen op kalmte onder alle wildboere. Kyk na die groter prentjie en besef dat die wildbedryf onlosmaaklik deel vorm van die res van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ek weet nie van ’n sektor van ons ekonomie wat tans beter daaraan toe is as wat dit ’n jaar gelede was nie. Trouens, die Suid-Afrikaanse ekonomie is amptelik in ’n resessie en baie markte het substansieel agteruitgegaan.

As ek byvoorbeeld ’n mielieboer is, en ek het die afgelope 20 jaar met mielies geboer, kan ek terugkyk na verlede jaar se mielieprys van nagenoeg R4 500 per ton teenoor die huidige gemiddelde prys van R1 750 per ton. Ek verwag nie noodwendig dat die prys weer tot R4 500 per ton gaan styg nie, maar alle mielieboere is verseker dat die prys weer sal herstel en opgaan. In watter mate, weet niemand nie. Tog gaan ek nie nou skielik ophou om met mielies te boer nie.

As jy kyk na beesboerdery ’n jaar gelede, het boere gesukkel om hul beeste op veilings verkoop te kry, terwyl hulle weens die droogte geen weiding oorgehad het nie. Dit was ’n krisis. Vandag, ’n jaar later, kry boere ’n rekordprys van R33 per kilogram! Boere het al baie sulke pryssiklusse oorleef en ek dink wildboere moet nou hul eweknieë in die landboubedryf se vasbytvermoë ontwikkel en toepas.

Kyk nou na winsgewendheid

Dit maak my bekommerd wanneer ek sien hoe wildboere op sosiale media skielik pessimisties is oor hul eie bedryf. Dit is onverantwoordelik om só verdere onsekerheid te veroorsaak en die wildekonomie nog meer te knou, gegewe die impak wat die breër ekonomie reeds daarop het.

Ek sê nie ons moet die huidige lae pryse met ’n glimlag aanvaar nie, maar in ’n tyd soos dié moet ons eerder met nuwe idees vir die winsgewendheid van die bedryf vorendag kom as wat ons onsself pessimisties praat.

Tans is dit vir almal ’n struikelblok, maar ek sien boere wil vinger wys na mekaar en na verskillende instansies. Dis nie die regte boodskap nie. Die bedryf moet nou eerder saamstaan en kyk hoe ons dit in die groter ekonomie op ’n beter plek kry.

Dan hou hul planne op

’n Ou oom het eendag vir my gesê: As dit goed gaan, maak sakemanne baie somme oor wat hul wins gaan wees, maar as dit sleg gaan, hou hulle op om somme te maak. Dit is egter juis dán wanneer jy twee keer soveel somme moet maak en fokus. Dis dán wanneer die beste sakevernuf én die beste entrepreneurskap nodig is om jou eie besigheid en die bedryf na die volgende vlak te neem.

As jy ’n plaas gekoop het en ’n klomp geld aan wild bestee het, is onsekerheid oor die bedryf verstaanbaar, maar almal moet nou kophou. Dit is deel van ’n siklus in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Daar is twee redes vir die huidige ooraanbod van wild. Die eerste een is teling. Ek dink egter nie die impak van meer getalle as gevolg van teling kan alleenlik die skuld dra vir die verlaging van pryse nie. Die groter faktor wat lei tot die afname in prys, is die gebrek aan nuwe kopers. Ons moet eerstens klem lê op nuwe toetreders en daarna daarop konsentreer om hierdie toetreders vertroue in ons bedryf te gee.

Al manier om nuwe kopers te kry, gaan wees om kalm te bly en te wys dat ons vertroue in ons bedryf het. Skaars wild het oor die jare ’n goeie beleggingsgeleentheid vir sakelui in stede gebied. Mense het leefstylplase gekoop en met wild begin boer om die plase vir hulself te laat betaal. Daar was dus ’n konstante stroom van nuwe toetreders tot die bedryf.

Onseker oor eiendomsreg

Nou het ons egter beleggers wat onseker is oor eiendomsreg in Suid-Afrika en boonop is hulle bekommerd oor landelike veiligheid. Hulle koop dus nie meer grond nie en gevolglik nie meer wild nie.

Dit is uiters belangrik om kalm te bly en te onthou dat ons ’n goeie Grondwet het wat ons beskerm met betrekking tot die eienaarskap van grond."

* Mnr. Lood Bester is die uitvoerende hoof van Wildswinkel, ’n maatskappy wat hom toelê op handel in lewende wild.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.40
-1.2%
Rand - Pond
21.51
-0.7%
Rand - Euro
18.88
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,008.45
-0.5%
Palladium
1,638.03
-0.5%
Goud
1,922.51
-0.3%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot