AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wild en vliegtuie nuut by Nampo

Wilduitstallings en vliegtuie is vanjaar twee nuwe fokuspunte by Nampo vanweë toenemende belangstelling hierin.

Die Nampo-Oesdag het vanjaar begin om ook op wild te fokus. Al hoe meer graanprodusente begin vertakkings in die wildbedryf, veral eksotiese wild, en daarom het die Nampo-Oesdag vanjaar ook ’n spesiale fokus hierop begin.

Mnr. Johan Loxton, Graan SA se bestuurder van kommersiële dienste, sê daar is vyf spesiale wilduitstallings op die terrein.

Nampo is nie gerat om wild aan te hou nie, maar liggame en instansies wat inligting oor die bedryf kan gee, het vanjaar kraampies. Loxton sê die terrein is vanjaar nóg groter en nuwe uitstallers het in die bykomende ruimte ingetrek. Die terrein is verlede jaar met 8 000 vk m vergroot en vanjaar met 15 000 vk m.

Graan SA wou lankal uitbrei, maar moes eers wag om elektrisiteitstoevoer te kry, waarna die nodige dienste voorsien moes word.

Mnr. Cobus van Coller, voorsitter van die Nampo-Oesdag, sê die uitbreiding word in fases gedoen. ’n Uitstalling van vastevlerkvliegtuie is een van dié in die nuwe ruimte. Dit is ook ’n eerste vir Nampo om vliegtuie binne die terrein op uitstalling te hê.

Vliegtuie gewild onder besoekers
Me. Karin Roodt van National Airways Corporation (NAC) sê hulle het op die eerste twee dae van Nampo oorweldigende belangstelling van besoekers gehad. NAC stal twee vastevlerkvliegtuie uit: ’n Quest Kodiak en ’n Piper Mirage. ’n Robinson R44-helikopter is ook te sien.

Roodt sê dit is vliegtuie wat boere kan gebruik om tussen plase te vlieg en wat binne kort afstande kan land en opstyg. Die wiele is ook van so ’n aard dat dit op rowwe terrein kan land. Die helikopter kan gebruik word vir onder meer die tel van wild of vir vinnige vervoer.

Van Coller verwag dat goeie weer vanjaar die besoekerstal sal laat styg. Die afgelope drie jaar het meer as 70 000 mense elke jaar opgedaag.

Loxton sê hulle sien toenemend internasionale besoekers en boere uit Suider-Afrika wat deur uitstallers hierheen gebring word. Veral Amerikaners bring besoekers uit Afrika-land na Nampo om moontlikhede vir ondersteuningsnetwerke te ondersoek.

Van Coller sê Nampo bly gefokus daarop om ’n sakeskou te bly waar produsente en verskaffers bymekaar gebring word. Die feit dat die skou nie op vermaak gerig is nie, is een van die redes waarom die skou nie oor ’n naweek oop is nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot