AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Wildboere hof toe oor susmiddels

’n Reël wat wildboere verhinder om wild met susmiddels in noodgevalle te verdoof, veroorsaak groot frustrasie.

’n Regsaak oor die gebruik van susmiddels deur wildboere in noodsituasies, sal eersdaags op die tafel wees.

Dit volg nadat wildboere besluit het om voort te gaan met stappe teen die SA Veterinêre Raad (SAVR), wat die beperking op 8 Junie 2012 ingestel het.

Die immobilisering en verdowing van wild is volgens Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA), baie belangrike aspekte van wildbestuur. Dit stel boere in staat om diere veilig te verdoof, te vang, te verskuif en te behandel, soos nodig. Die beperking veroorsaak derhalwe groot frustrasie onder eienaars van wild.

Waarde van enkeldiere beloop miljoene
“Anders as gewone vee, soos beeste en skape, kan wild nie met konvensionele toerusting gevang word nie, omdat hulle bloot té wild en dit té gevaarlik is. Wildboerdery is ‘n hoogs gespesialiseerde bedryf waarin die waarde van individuele diere miljoene rande beloop,” aldus die WRSA.

Die WRSA, wat sowat 10 000 wildboere in die land verteenwoordig, het onlangs met die SAVR vergader om ’n voorstel ter tafel te lê en te vra dat hulle die beperking moet heroorweeg. Die voorstel, vir behoorlike opleiding en streng beheer van boere sodat hulle hul eie diere op hulle eie eiendom mag verdoof, is sonder enige verduideliking verwerp.

Oplossing vir almal?
Die WRSA het die SAVR versoek om ’n oplossing te vind wat tot voordeel van beide partye sal wees, maar die SAVR was ongenaakbaar in sy houding teenoor wildboere, en het daarop aangedring dat die WRSA sy regsaksie heeltemal moet laat vaar voordat dit aan ’n taakspan vir ’n aanvaarbare oplossing sal deelneem.

Die WRSA en SAVR het sedert 2010 al verskeie kere oor die kwessie vergader, en dr. Gert Dry, voorsitter van die WRSA, sê hulle is baie teleurgesteld in die SAVR se houding. “Wildboere en veeartse het nog altyd goed oor die weg gekom. Ons het mekaar nodig. Die raad se totale minagting van die welsyn van ons diere en sy gebrek aan begrip vir die uitdagings waarmee wildboere daagliks te make het, is net verstommend.”

Volgens Dry sal die regsaksie voortgaan, maar staan die vereniging se deur oop vir gesprekke. Hy sê die wildbedryf in Suid-Afrika brei vinnig uit, met ’n jaarlikse omset van R8 miljard. “Suid-Afrika is die wêreldleier in die wildbedryf, maar ons regulasies skiet ver te kort vir voedselsekuriteit, toerisme, en werkgeleenthede om hierdeur bevoordeel kan word. Ons kan net bly hoop dat die werklikheid tot die SAVR sal deurdring.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot