AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wildswinkel por wildbedryf aan in W-Kaap

Wildswinkel beplan om volgende jaar hul eerste wildveiling in die Boland aan te bied.

Die veilinghuis Wildswinkel wil vlerke gee aan die wildbedryf in die Wes-Kaap. Dié groep beoog om op 17 Maart hul eerste wildveiling in die Boland aan te bied, het mnr. Lood Bester op hul eerste Wes-Kaapse inligtingsdag op Stellenbosch gesê.

“Die dae dat dit as ’n Noord-Transvaal-bedryf is, is verby. Die wildbedryf is nou ’n nasionale bedryf.” Mnr. Norman Adami van die Nyumbu-wilboerdery sê die Wes-Kaap is ideaal vir wildboerdery en beskik oor sekere voordele wat ander streke nie het nie.

“Jul veldkondisies... die diere oorleef nie net nie, maar hulle gedy. Daar is geen rede waarom die Wes-Kaap nie een van die suksesvolste wildgebiede in die land kan wees nie. Dit het boonop toegevoegde voordele bo ander liggings.”

Dit sluit in die nabyheid aan Kaapstad, wat baie toeriste trek, asook toegang tot ’n nasionale en internasionale lughawe. Adami het ook die provinsiale regering se vermoë om take uit te voer as “uniek en relatief sterk” beskryf.

“Heelwat van die prominente spelers in die wildbedryf is ook in die Wes-Kaap gebaseer. Hoewel die provinsie gevestigde wildsplase het, is die digthede nog nie so hoog soos elders nie. Nuwe wildboere hoef nie skoolfooie te betaal nie, maar kan die plase met die bewese rekords besoek en by hulle leer.”

Adami het na plekke soos Sleutelfontein, Kamga en Elandsberg verwys. Mnr. Wiaan van der Linde, voorsitter van Wildbedryf SA en voormalige Wildboer van die Jaar, sê vir baie Wes-Kaapse boere was wild nog altyd ’n soort luuksheid op hul plase.

“Ek dink dit kan kommersiële entiteite raak waar boere goeie geld kan maak en goeie opbrengste op hul beleggings kan kry.” Hy het boere aangeraai om hul eindverbruikers in gedagte te hou wanneer hulle hul wildboerdery beplan.

“Daar is reeds heelwat potensiële kopers in die Wes- en Suid-Kaap. Sommige van die grootste rolspelers woon in Kaapstad of in die Wes-Kaap.” Volgens Bester het Wildswinkel al veilings in die Karoo, Kalahari en Oos-Kaap aangebied.

“Ons wil nou aan kleiner boere in die Wes-Kaap ’n platform gee om bokke behoorlik te bemark,” het hy oor die eerste Bolandse veilings gesê. So ’n veiling sal ’n jaarlikse instelling word.

Volgens hom sal ’n Wildswinkel-span vanaf 16 November vir tien dae lank die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Karoo besoek om diere te selekteer vir die veiling. “Ons volg ’n keuringsproses, want ons probeer ’n goeie, eweredige veiling bou met teenwoordiging van alle spesies. So ’n veiling sal goed wees vir verkopers en ook vir die Wes-Kaap.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
20.01
+0.7%
Rand - Euro
17.69
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,663.99
+0.2%
Silwer
19.21
+0.9%
Palladium
2,164.75
-0.1%
Platinum
866.26
+0.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot