Luister na die landbou-ekonoom, dr. Johan Willemse, se vooruitsigte vir die graan- en veebedrywe, sy siening van die Suid-Afrikaanse ekonomie in ‘n werkswinkel op 25 Oktober op die Kovsie-kampus in Bloemfontein.
Willemse het geen bekendstelling in die landbou nodig nie, en sy sienings oor die landbou en die ekonomie word hoog aangeslaan. Tydens die werkswinkel behandel hy makro-ekonomiese neigings, die SA ekonomie en vooruitsigte vir mielies, koring en oliesade.
In die tweede deel van die werkswinkel gesels hy oor vooruitsigte vir bees-, skaap-, vark- en hoendervleis en melk.
‘n Tweede spreker, mnr. Glen McQuirk van Map4life, bied ná Willemse se vooruitskouings ‘n sessie aan oor doelwitstelling en aksieplanne vir sakesukses. Dié sessie word ná ‘n ligte middagete voortgesit, waarin McQuirk die formulering van doelwitstelling vir sakesukes uitstippel.
Bywoning is R300 per persoon en registrasie begin om 09:00. Navrae: Lize by 051 401 9052/2824 of terblanchel@ufs.ac.za.
19 Oktober 2011