AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Winde van verandering woed by KWV

Wynboere is in 'n magstryd vasgevang ná 'n meningsverskil oor die omvorming van die KWV meegebring het dat die direksie van die KWV Groep en die "Groep van Vyf" se aandeelhouers op 'n botsing afstuur.

Die KWV Groep se jaarvergadering is onlangs onverwags tot 27 November uitgestel. KWV Koöperatief Beperk se jaarvergadering gaan egter op 30 Oktober voort waartydens sy direksie en lede sal kan besluit watter omvormingsvoorstel hulle steun.

In 1997 het die KWV 'n maatskappy geword en is hy deur KWV Koöperatief Beperk beheer. Die koöperasie - wat luidens 'n voorstel van die KWV geskei moet word en waarskynlik as Wijngaard Koöperatief Beperk bekend sal staan - is bereid om sy beheer van die maatskappy af te staan mits hy uiteindelik 15 % van die maatskappy se aandele kan bekom.

Benewens die 390,5 miljoen A-aandele wat in 1997 aan veral boere uitgereik is, sal daar dus nog bykans 69 miljoen aandele uitgereik moet word. Die waarde van die A-aandele word dus verwater. Die voorsitter van die KWV Groep, mnr. Lourens Jonker, meen egter dit is 'n langtermynskuif "van groot strategiese waarde". As maatskappy kan die KWV dan sy volle potensiaal nastreef.

Volgens mnr. Jonker meen onafhanklike raadgewers dat die uitreiking van 15 % van die A-aandele aan die koöperasie billik is, veral as 'n mens in ag neem dat die premie vir beheer wat die afgelope 18 maande op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs betaal is, so hoog as 35 % was.

'n Aantal aandeelhouers gelei deur vyf sakelui met uitgebreide belange in die wynbedryf, die sogenaamde Groep van Vyf, verskil egter van mnr. Jonker en sy direksie. Saam besit hulle sowat 15 % van die A-aandele, maar hulle wys daarop dat die grootste enkele aandeelhouer sowat 4 % besit.

Hul voorstel behels onder meer dat die koöperasie slegs 5 % van die aandele in die maatskappy moet kry deur nog 20,5 miljoen A-aandele uit te reik. Dit sal die waarde van die huidige aandele minder verwater en 'n besparing van R50 miljoen (gemeet teen markwaarde) of R120 miljoen (gemeet teen netto batewaarde) vir A-aandeelhouers meebring.

Dié Groep van Vyf onder leiding van mnr. G.T. Ferreira wys daarop dat minstens 75 % van die A-aandeelhouers ook nog lede van die koöperasie is, terwyl dit lyk asof 25 % van die koöperasie se lede reeds hul A-aandele verkwansel het, afgetree het of oorlede is.

Volgens mnr. Ferreira sal die direksie se voorstel die KWV bevoordeel (asook nuwe boere wat enige tyd lid van die koöperasie kan word) ten koste van die huidige A-aandeelhouers.

Die Groep van Vyf sê dit is verkeerd om te beweer dat daar 'n verandering van beheer sal plaasvind. Mnr. Ferreira beweer die KWV is na regte in die hande van die wynboere wat steeds hul A-aandele besit. Dus meen hy die koöperasie moet bloot sy huidige beheer prysgee deur dit te versprei tussen sy lede en die aandeelhouers van die KWV.

Terselfdertyd wys hy daarop dat die KWV Groep en die koöperasie tans dieselfde voorsitter en dieselfde besturende direkteur het, terwyl nege van die elf direkteure van die groep ook direkteure van die koöperasie is.

Mnr. Jonker meen dit is 'n moedswillige argument en dat die beoogde skeiding van die maatskappy en die koöperasie juis ten doel het om onafhanklike direksies te verkies.

Tog meen die Groep van Vyf die kern van die meningsverskil lê daarin dat die direksie van die koöperasie glo dat hý (en nie sy lede nie) tot dusver beheer oor die KWV gehad het en dat die koöperasie dus in die omvormingsproses op 'n beheerpremie geregtig is.

Mnr. Ferreira sê as 15 % van die aandele wél aan die koöperasie uitgereik word, verkry hy by verre die grootste belang in die KWV. Dit sal volgens hulle weer die koöperasie, of sy direksie, doeltreffende beheer oor die KWV gee.

Mnr. Jonker sê dit is onwaar dat die direksievoorstel daarvoor voorsiening maak dat die oordragte van aandele deur die direkteure goedgekeur moet word en dat hulle sonder enige rede kan weier om die registrasie van oordrag te magtig. Volgens hom sal die aandele vryelik verhandelbaar wees, terwyl die beperking ook opgehef word dat 'n individu nie meer as 5 % van die aandele mag besit nie.

Hy reken 'n belang van 15 % vir die koöperasie se lede in die KWV skep 'n gesonde verhouding tussen die maatskappy en boere.

Om die KWV teen moontlike batestroping te beveilig, stel die direksie voor dat Wijngaard Koöperasie 'n opsie sal verkry om die balans van die KWV se rabatbrandewyn te koop as daar 'n aanbod is om die KWV se aandele teen minder as 80 % van sy heersende netto batewaarde te koop. Mnr. Jonker meen almal sal hierby baat vind, behalwe voornemende batestropers. "Dit sal nie 'n oorname verhoed nie, maar bloot verseker dat dit teen 'n billike prys geskied."

Dié voorstel is gemaak omdat die KWV se huidige netto batewaarde ongeveer R2,50 per aandeel is, terwyl die aandeel tans teen R1 stuk verhandel.

Daar is ook 'n meningsverskil oor 'n direksievoorstel dat die KWV as maatskappy R8 miljoen per jaar vir vyf jaar aan Wijngaard moet betaal om bedryfsinisiatiewe te bevorder. Die Groep van Vyf meen dié jaarlikse bedrag moet vir tien jaar aan Wijngaard betaal word. Hulle meen dit is meer belastingdoeltreffend vir albei partye en dat die koöperasie dan nie afhanklik sal wees van wisselende dividende wat deur die maatskappy uitbetaal word nie.

Mnr. Jonker meen egter dié voorstel sal 'n groter kontantverpligting op die KWV plaas en die maatskappy se aantreklikheid as 'n beleggingsvoertuig strem.

Die twee partye se onderhandelings duur voort. Volgens mnr. Jonker is die direksie se voorstel weldeurdag en is dit moeilik om te sê of 'n skikking moontlik is.

21 Oktober 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-0.5%
Rand - Pond
19.35
+0.2%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,643.25
-0.0%
Silwer
18.86
-0.0%
Palladium
2,068.43
-0.2%
Platinum
864.11
+0.7%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot