AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wintergraan: Lae pryse demp oesvreugde

Goeie graan-oeste is in die Wes-Kaap silo’s toe gery, maar . . .

Die Wes-Kaap het vanjaar besonder goeie graan-oeste behaal in ’n produksietyd wat gekenmerk is deur gemiddelde reënval wat goed versprei is tot in September, en ongekende goeie oes-weer.

Ongelukkig speel die koringprys nie saam nie. Die Desember-kontrak vir koring is sowat R1 000/t laer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Daar is boere wat nie kans sien om hul koring teen daardie prys te verkoop nie. Hulle sal eersdaags opbergingskoste moet begin betaal as die prys nie verbeter nie. Met goeie oeste in die buiteland en hoë voorrade het boere boonop min hoop dat die prys noemenswaardig gaan styg.

Verhandeling tot stilstand

Onsekerheid oor die invoertarief het koringverhandeling boonop bykans tot stilstand gebring, sê mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA.

Die gars-oes van meer as 300 000 ton is wel die beste in 30 jaar en feitlik deur die bank as van moutgehalte gegradeer. Ongelukkig het die meeste boere meer as hul kwota geoes en kan hulle net hoop dat die surplusgars in die silo’s ook mettertyd as moutgars gekoop sal word.

Hoewel SAB Malters sy beoogde inname met 28 800 ton verhoog het, is daar heelwat gars wat nie verkoop is nie.

Vierde skatting

Die Nasionale Oesskattingskomitee se vierde skatting van einde November skat die koring-oes op 1 766 280 ton – 326 280 ton meer as laas jaar. Daarvan kom 969 000 ton uit die Wes-Kaap, met ’n 3:2-verdeling tussen die Swartland en Suid-Kaap.

Totale koringproduksie in die Swartland is vanjaar 60% beter as verlede jaar se oes. Mnr. Johan de Lange, hoofbestuurder van regstreekse verkope en dienste by Kaap Agri, sê gunstige weer in die oestyd het vanjaar een van die vinnigste oesinsamelingsjare in die Swartland gemaak.

“Daarmee saam het bogemiddelde opbrengste en grade gerealiseer. Wat die oes selfs uitsonderliker maak, is dat die totale reënval op die meeste plekke in die Swartland in die produksietyd laer as die vyfjaargemiddelde was. Dit was ook die grootste koring-aanplanting sedert 2008.”

Gehalte bogemiddeld

De Lange sê koringgehalte is vanjaar ook bogemiddeld en oorwegend van die grade B1 en B2. “Benewens goeie hektolitermassas was die proteïeninhoud bogemiddeld. Dit kan toegeskryf word aan die doeltreffende benutting van stikstof deur die loop van die produksietyd.”

Mnr. Wynand Heunis, landbou-adviseur by Overberg Agri op Moorreesburg, sê die afgelope oes was byna dubbeld soveel as verlede jaar se oes. Dit het weer bevestig hoe belangrik reënvalverspreiding en reën tot in September vir ’n goeie oes is.

“Hoewel dit in vanjaar se produksietyd byvoorbeeld 31% minder gereën het as in 2013, die vorige goeie reënjaar, is vanjaar se oes tot dusver net 3% minder as in 2013 – net omdat die reën vanjaar so goed versprei geval het.”

Die distrikte Caledon en Bredasdorp het minder reën as die langtermyngemiddelde in die graanseisoen gehad. Koringopbrengste het van oos na wes afgeneem, sê mnr. Francois Human, landbou-adviseur by Overberg Agri. “In die oostelike dele van die Rûens is goeie opbrengste behaal, maar soos ’n mens wes beweeg na Caledon en verder wes was koringopbrengste gemiddeld tot ondergemiddeld.”

Boere se kommer

Vreugde oor die goeie graan-oes en hoë opbrengste word oorskadu deur boere se kommer oor die lae koringprys en die feit dat hulle dalk nie ’n koper vir al hul moutgars het nie.

Die goeie oesweer het beslis bygedra tot die groot garsoes, wat hoofsaaklik as moutgehalte gegradeer is. “Die gars is vet en so mooi soos jy hom kan kry.”

Maar ook dié sukses het ’n angel, sê mnr. Pieter Gildenhuys van die plaas Kleinbosheuwel by Heidelberg. “Ons is almal ver bo ons garskwotas. Ons het dit gelewer en hoop iemand sal dit koop. ’n Mens moet tog jou kwota bou.” Hy meen heelparty boere het nie al hul koring verkoop nie.

Prys wil nie verbeter

“Ons het ’n reuse-oes gehad, maar die prys is laag en daar is geen teken dat die prys sal verbeter nie. Weens die staat se gesloer met die invoertarief wag en kyk die meulenaars ook wat gebeur.

“Die meeste ouens het hul kanola en die gars wat hulle kon verkoop, verkoop. Die koring hou ons vas. Ek het ’n idee ons sal dit lank vashou.”

Tog het hulle ’n ongelooflike jaar gehad. “Ons het relatief min reën gehad, maar dit was mooi versprei. Ons het gemiddeld meer as 2 ton kanola per hektaar geoes, en die grane was van eenvormige gehalte. Daar was nie kampe wat baie swakker as die ander was nie.”

Hy glo ’n deel van die groot oes kan toegeskryf word aan die goeie weer wat hulle tydens oestyd gehad het. “Ons is gewoond daaraan dat ons pak kry in oestyd, en garsgehalte dikwels nadelig geraak word, maar vanjaar het ons koel dae gehad, maar nooit so lank dat dit kon skade doen nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.03
-0.4%
Rand - Pond
19.22
+0.9%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,636.76
-0.4%
Silwer
18.57
-1.6%
Palladium
2,069.50
-0.2%
Platinum
859.00
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot