AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wintergraan: Vrywillige heffings staan op R26 miljoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Sedert die wintergraanbedryf in Oktober verlede jaar met vrywillige heffings begin het tot 31 Augustus vanjaar is meer as R20 miljoen reeds ingesamel om noodsaaklike dienste mee te finansier.

Sedert die wintergraanbedryf in Oktober verlede jaar met vrywillige heffings begin het tot 31 Augustus vanjaar is meer as R26 miljoen reeds ingesamel om noodsaaklike dienste mee te finansier. Leiers in die bedryf glo daar sal suksesvol daarop voortgebou kan word.

Die georganiseerde landbou moes verlede jaar met die vrywillige hefffing ingryp toe die Nasionale Landboubemarkingsraad nie die bedryf se aansoek vir die voortsetting van die statutêre heffings met sekere voorwaardes betyds wou aanbeveel nie. Daar moes vinnig ’n alternatiewe stelsel ingestel word om belangrike instellings en dienste, soos die graanlaboratorium (SAGL), die graaninligtingsdiens (Sagis) en verskeie navorsingsprojekte te bly finansier.

Mnr. Leon du Plessis, administrateur vir die trust wat bekend staan as die Suid-Afrikaanse wintergraan-bedryfstrust (SAWCIT), het op ’n virtuele vergadering van die koringforum gesê met die seisoen wat 30 September geëindig het, is heffingsgeld steeds inbetaal en die voorlopige raming was ’n insamelingskoers van tussen 40% en 50% vir koring.

“Die mikpunt was om by minstens 50% uit te kom, maar daar is nog baie verwarring in die mark oor die vrywillige heffings en dit het ’n rol gespeel. Ons probeer om met al die betalers van heffings op verskillende wyses te kommunikeer om onsekerhede uit die weg te ruim, maar dit is hoe die situasie nou daaruit sien. Ons probeer ook om die administrasiekoste te beperk op net meer as R1 miljoen.”

Mnr. Allan Bishop, voorsitter van die forum, het daarop gewys dat die mikpunt 50% was en dat die teiken al amper gehaal is. ’n Vrywillige heffing is heeltemal nuut in die bedryf. Daar is ook besluit om dit ten minste vir die volgende seisoen voort te sit teen dieselfde heffingsbedrae van R14,50/ton vir koring en gars en R6/ton vir hawer. Die bedrag is dieselfde as wat dit sou wees indien dit ’n statutêre heffing sou wees.

Du Plessis sê wat koring betref, is daar 6 nuwe aansoeke om finansiering van projekte, terwyl voortgesette finansiering vir 38 bestaande projekte gevra word. Vir gars is daar drie nuwe aansoeke en ses bestaande projekte.

Op die koringforum se virtuele vergadering het mnr. Gert Heyns, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse kultivar-en-tegnologie-agentskap (Sacta), ook verslag gedoen oor die betaling van tegnologieheffings die afgelope seisoen. Vir koring en gars is dit die vyfde seisoen dat die statutêre heffing ingevorder word, terwyl hawer drie seisoene terug ook deel geword het.

Heyns het gesê hoewel die finale berekenings vir die seisoen nog nie afgehandel is nie, word geraam dat die heffing vir koring ’n inkomste van net meer as R56 miljoen sal oplewer teen ’n invorderingskoers van net meer as 90%. Hiervan moet R10,9 miljoen ingevolge wetgewing vir transformasie beskikbaar gestel word. Sacta se administrasiekoste kon beperk word tot 2,38% al word daar by statutêre heffings voorsiening gemaak vir administasiekoste van tot 10%.

Die oorblywende heffingsgeld sal in November volgens markaandeel aan saadmaatskappye oorbetaal word as aansporing om nuwe kultivars en tegnologie na Suid-Afrika te bring.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
19.25
+0.4%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,630.55
+0.5%
Silwer
18.42
+0.3%
Palladium
2,099.50
+2.8%
Platinum
853.50
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot