AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Winterreën bring hoop, voerkrisis dreig

Boere in die winterreëngebied is verlig oor die reën van 9 en 10 Junie, maar bekommerd oor ’n dreigende voertekort.

Boere in die winterreëngebied, wat graan met min reën in April en Mei geplant het, is verlig oor die reën wat op 9 en 10 Junie geval het, maar daar heers kommer oor ’n voertekort.

Mnr. Anton Mouton van die plaas Piekenierskloof, Eendekuil, het Maandag gesê hulle het net 7 tot 10 mm reën gekry, en dit is gevolg deur sterk en uitdrogende oostewinde Saterdag­ én Sondagnag. Gelukkig wys die weerwebwerwe dat hulle die week nog reën te wagte kan wees.

Mouton sê met die voergeëry “lol dit maar” om skape op kondisie te hou. Die R25 000 se mielies wat hulle onlangs gekoop het, hou hulle net 10 dae, en daar is kommer dat lusernproduksie afneem noudat dit kouer word. “As ons hierdie week ’n outydse duim (25 mm) reën kan kry, behoort ons oor vier tot ses weke weiding te hê.”

Sake lyk aansienlik beter nadat hy 25 mm reën op sy grond by Porterville gekry het, sê mnr. Gawie Carstens van die plaas Pampoenkraal. “Die graan begin nou mooi opkom.” Die reën is die eerste sedert die 18 mm wat hulle oor Paasnaweek gekry het, en 7 mm middel­Mei. Sy grond in die Rooi­Karoo het 17 mm gekry, terwyl die grond wat hy tussen Piketberg en Porterville huur, 19 tot 23 mm gekry het.

Die hawerweiding op sy plaas het tot dusver genoeg groenvoer vir sy skape en beeste verskaf, saam met lusernhooi, mielies en die sifsels van verlede jaar se graanoes. Nadat die eerste deel van die jaar “geweldig droog” was, beskou mnr. Wikus Bester van die plaas Uitsig, Napier, die 20 mm reën wat hulle verlede week gekry het, as ’n goeie begin. “Dit het lekker sag gereën.”

Sy graanboerdery lyk belowend na die reën, maar hy is bekommerd dat daar nog “niks kos op die lande is” nie, en hoe duur voer is. Die vorige keer wat hy mielies gekoop het, was die prys R3 600/t en deur bloot ’n onderhoudsrantsoen van 200 g per skaap per dag te gee, gebruik hy omtrent ’n ton mielies per dag.

Mei ‘toehand’ met reën

Mnr. Janneman Fourie van die plaas Mierkraal, tussen Caledon en Riviersonderend, is baie bly oor die 22 mm wat hy daar gekry het, en die 25 mm op sy huurplaas. “Mei was so droog dat ons die reën in halwe millimeters begin meet het. Die 3 mm wat ons gekry het, het darem die stof laat lê.”

Planttyd was taamlik droog nadat hulle 10 tot 15 mm met Paasnaweek gekry het. Al was Mei “soos gewoonlik toehand” met reën, was landboutoestande op die Heidelbergvlakte tot dusver nie sleg nie, sê mnr. Michel Gildenhuys van die plaas Môrelig, Heidelberg. Hulle het immers meer as 200 mm reën in die eerste drie maande van die jaar gekry en kon ver kom op die vog in die grond. Hulle het laat in Mei 10 mm reën gehad en verlede week 12 mm. ­

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.91
+0.9%
Rand - Pond
19.36
-0.2%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,637.39
+0.9%
Silwer
18.69
+1.8%
Palladium
2,071.50
+1.4%
Platinum
863.00
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,437
+0.3%
Alle aandele
63,823
+0.3%
Hulpbronne 10
56,211
-0.0%
Industriële 25
79,496
-0.0%
Finansiële 15
14,161
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot