AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wisselkoers steun koringprys

Die swak rand het die koringprys ondersteun, en ekonome verwag dat die rand op dieselfde vlakke sal bly of verswak.

Die rand-dollar-wisselkoers het in 2013 met 25% verswak en die koringprys ondersteun, maar insette duurder gemaak, sê ekonome van Graan SA.

Mnr. Wessel Lemmer, senior ekonoom: marknavorsing by Graan SA, het by die streekvergadering op Rietpoel gesê dat die verswakking van die rand 'n styging van 9% in die plaaslike koringprys teweeggebring het. Lemmer sê volgens 'n vooruitskatting van Nedbank en scenario's wat die beleggingsmaatskappy Investec ontwikkel het, word daar verwag dat die rand vir die res van die jaar op huidige vlakke gaan bly of selfs verder verswak.

By dieselfde vergadering het mnr. Corné Louw, senior ekonoom: insette by Graan SA, gesê dat boere kan geld spaar as hulle voor Maart insette soos kunsmis, brandstof en landbouchemiese middels aankoop.

Hy sê die prys van verskillende kunsmissoorte het die afgelope 12 maande internasionaal tussen 11 en 30% gedaal, dog die uitwerking daarvan op plaaslike kunsmispryse was wisselend, maar het nie so dramaties gedaal nie. Sowat 80% van Suid-Afrika se kunsmisverbruik word ingevoer.

Prysstygings
Louw sê hulle verwag dat pryse die volgende maand of twee gaan styg. Aangesien 99% van die aktiewe bestanddele vir onkruid- en insekdoders ingevoer word, is die verwagting eweneens dat die prys van plaaslike middels gaan styg.

Dieselfde geld die dieselprys, sê Louw. "Ons verwag in Maart nog 'n styging van 34 sent in die petrolprys en 30 sent in die dieselprys. Dis grootliks as gevolg van die wisselkoers. As ons vooruitkyk, in April gaan die tesourie weer stygings in brandstofheffings en -belastings aankondig."

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
+1.1%
Rand - Pond
20.19
+0.1%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.42
+1.8%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,724.47
+1.5%
Silwer
21.08
+1.8%
Palladium
2,325.50
+4.5%
Platinum
933.50
+3.2%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot