AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wit mielies se wins vir 2018 lyk donker

‘n Uitstekende kans bestaan dat boere hul mielie-aanplantings vir volgende jaar drasties kan afskaal. Sal dit genoeg wees om pryse wesentlik te laat styg?

Tot dusver was die aandag van produsente en ander rolspelers in die mieliebedryf hoofsaaklik op vanjaar se verliespryse, maar wat moet mielieboere vir die komende seisoen doen?

BVG se handelaars in Schweizer Reneke het dié week saam met studiegroepe naby Delareyville byeenkomste gehou wat spesifiek op hierdie vraag gekonsentreer het.

Hulle het eerstens bepaal hoeveel dit kos om mielies in hulle area te plant.  Met 'n opbrengs-mikpunt van 3,8 ton per ha, beloop die huidige vaste en veranderlike koste R1800 per ton (R6800 per hektaar).  Indien hierdie uitgawe met net 5% tot die volgende seisoen styg, beloop die totale koste R1890 per ton.

Studiegroep se syfers wys R9 wins per ton

Die JSE (Safex) se termynkontrak vir Julie 2018 wit mielies verhandel tans (20 April) teen R2150 per ton. Safex se vervoerdifferensiaal moet egter nog afgetrek word om by 'n prys in die boer se sak uit te kom. Die huidige vervoer-aftrekking vir Delareyville is R251 per ton. Dit laat boere in die studiegroepe met ‘n wins van R9 per ton. Hierdie berekening sou 'n maand terug 'n R190 verlies per ton getoon het, toe die prys van Julie 2018 wit mielies R1950 was. Wit mielies vir 2018 is dus uit 'n winsgewendheidsoogpunt nie ‘n aantreklike gewas nie.

Die kostestruktuur is vas en die produsente kan nie veel daaraan doen nie. Is daar 'n manier om die 2018 prys beter te kry? Pryse styg gewoonlik as die verwagte aanbod van mielies kleiner word. Die studiegroepe het daarna gekyk om volgende seisoen 40% minder hektaar mielies as gewoonlik te plant en papiermielies (termynkontrakte of opsies) vir die uitstaande 40% te koop. Indien genoeg produsente dit doen, behoort dit volgende seisoen se aanbod sodanig kleiner te maak dat pryse sal styg.

Vrae en anwoorde oor afskaling

Die studiegroepe het ook ‘n paar interessante vrae/stellings en antwoorde rondom afskaling gehad:

* Kan ek dit bekostig om minder te plant? Jy kan dit in elk geval nie bekostig om teen ‘n verlies te plant nie; as jy minder plant, maar pryse bly laag, sal jou verlies kleiner wees. As pryse styg, sal die papiermielies se wins vir die verminderde hektare vergoed.

* Ek plant te min, net groot boere kan afskaal: As pryse laag bly, is die verlies minder, maak nie saak vanaf hoeveel hektaar die afskaling begin nie.

* Oorlê-lande se koste is te hoog: Totale insetkoste vir die hele plaas is as gevolg van die afskaling baie laer en die oorlê-voordeel in die volgende seisoen sal vir die koste vergoed.

* Die bank leen nie geld vir papiermielies nie: Die rente- en insetkoste versekeringsbesparing van die verminderde hektare behoort reeds voldoende te wees vir die deposito’s wat deur Safex gevra word. Praat met die bank – dit kan die moeite werd wees.

Sal dit die moeite werd wees as ek afskaal, maar nie my buurman nie? Al bly pryse laag omdat die buurman nie afgeskaal het nie, is jou verlies minder omdat jy afgeskaal het.  Die buurman sal slegter daaraan toe wees as hy voluit geplant het. Dit wat jou buurman doen is sy saak.  Los hom uit en doen jou eie berekeninge.

Sukses met afskaalplan?

Wat is die studiegroep en ander produsente se kans op sukses met die afskaalplan? Dit sal tot 'n groot mate afhang van hoeveel hektaar mielies volgende seisoen geplant gaan word. Indien na vorige seisoene se tendens gekyk word, is huidige pryse die grootste bepaler van hektare.

'n Produsent besluit nie oornag hoeveel mielies hy gaan plant nie. Verlede jaar (2016) was die witmieliepryse van R5000 en R 4000 wat in daardie stadium gegeld het, op die voorgrond van die besluitnemingsproses, nie die R3000 prys van Julie 2017 waarna boere eintlik moes gekyk het nie.

Hoe lyk die prentjie vandag?  ‘n Produsent is nou reeds besig om te besluit hoeveel mielies hy in die komende seisoen gaan plant. Julie 2017 Safex-witmieliepryse van so laag as R1700 per ton (R1449 ná die Delareyville-aftrekking) is op die voorgrond in die dinkproses, nie die Julie 2018-prys van R2150 nie, wat in elk geval treurig is nie.

Drastiese afskaling?

‘n Uitstekende kans bestaan dat mielie-aanplantings vir volgende jaar drasties afgeskaal gaan word. Sal die afskaling genoeg wees om pryse wesentlik te laat styg? Met ‘n verwagte mielie surplus van 4 miljoen ton (voor eindvoorraad en diepsee-uitvoere) lyk dit nou amper onmoontlik.

Onthou net, die tonne wat uiteindelik geoes gaan word, hang af van die oppervlakte geplant én die opbrengs (ton per hektaar) gestroop. ‘n Ondergemiddelde opbrengs kan ‘n groot surplus maklik in ‘n tekort laat verander.

* Kontak die volgende mense in geval van vrae of onduidelikhede: André Snyman 082 331 2729 andre.snyman@bvg.net  of Gerhard Labuschagne 083 287 3513 gerrie@bvg.net

* Johann Strauss is 'n navorser by BVG Commodities

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot