AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Witzenberg-PALS brei uit na ander provinsies

akkreditasie
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
Die PALS-inisiatief vir grondhervorming wat in die Witzenbergdistrik ontstaan het, brei nou sy suksesresep na die res van Suid-Afrika uit.

Die PALS-inisiatief vir grondhervorming wat in die Witzenbergdistrik ontstaan het, brei nou sy suksesresep na die res van Suid-Afrika uit.

Me. Lien Visagie, voorsitter van Witzenberg-PALS, het in haar voorsittersverslag op die organisasie se jaarvergadering gesê hulle is dankbaar oor die goeie vordering wat hulle met uitbreiding van die PALS-inisiatief in die Wes-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes gemaak het.

“Ons moet egter vinniger beweeg en harder werk. Ons moet seker maak dat die beproefde PALS-metode van volhoubare landboubesighede op soliede sake- en regsfondamente vestig. Ons moet ook seker maak dat dit die verkose en aanvaarde raamwerk is om inklusiewe groei vir almal in die landbou moontlik te maak.”

Visagie sê PALS se streeksentrums en die organisasie se benadering om van die grondvlak af op te werk, het op ’n praktiese vlak getoon wat bereik kan word as swart en wit boere, gemeenskappe en ander belanghebbende saamwerk om inklusiewe groei, werkskepping en maatskaplike samehorigheid te bereik.

PALS is ’n paar jaar gelede gestig om grondhervorming en probleme wat daarmee verband hou, te takel.

PALS ‘op elke dorp, in elke gemeenskap’

“Elke regdenkende Suid-Afrikaner besef dat ons in afhanklikheid van mekaar vraagstukke soos grondhervorming, ekonomiese groei, ongelykheid en armoede sal moet aanpak, om ’n volhoubare toekoms te verseker.

“Ons kan 50 jaar of 25 jaar terug kyk, maar ons moet veral ook 10, 20 en 50 jaar vooruit kyk. Dan is daar nie ’n ander opsie as om die PALS inisiatief op elke dorp en gemeenskap te begin toepas nie.”

Visagie meen mense pak PALS-projekte aan omdat hulle oortuig is dis die regte ding om te doen vir ’n volhoubare onderneming en toekoms in die Suid-Afrikaanse konteks.

“Ons het ’n gesamentlike plig en verbintenis as Suid-Afrikaners om nie toe te laat dat regeringsmislukkings en radikale elemente ons land in ’n Zimbabwe-tipe scenario, voortdurende onluste of mislukte staat, laat verval nie.”

Sy erken dat statistieke, soos die ongelykheid tussen Suid-Afrikaners, die hoë werkloosheidsyfer, die miljarde rande verlore met korrupsie en swak dienslewering, mense moedeloos maak en dat “mooi boodskappies op sosiale media en woorde van hoop” nie veel van ’n verskil aan die harde werklikheid van geweld, korrupsie, swak dienslewering of gebrek aan geleenthede maak nie.

“Al wat ’n verskil ten goede aan ons almal se toekoms gaan maak, is prakties uitvoerbare planne wat met harde werk tot uitvoer gebring word.”

Sy het die kommersiële boere wat by PALS-projekte betrokke is, geloof as toonbeelde van pionierskap, leierskap en ’n visie van ’n meer volhoubare, beter toekoms.

“Vandag is my pleidooi dat ons dit wat PALS reeds bewys het prakties werk, sal uitbou in nog meer tasbare projekte van samewerking in ons eie gemeenskap en ander dele van die land.”

Skakeling met staatsdepartemente, landbou-organisasies en finansi?le instellings stel die inisiatief bekend en lei tot groter aanvaarding van die beginsels. Hulle ontvang ook gereeld besoekers van oor die land wat Witzenberg PALS-projekte en die PALS-sentrum besoek in hul soeke na oplossing.

“PALS se skakeling met die nasionale minister van landbou, samewerking met amptenare, provinsiale departemente van landbou en grondsake, waterwese en ander regeringsinstellings bly belangrik om die verkryging van instaatstellers soos waterlisensies, finansiering en erkenning te probeer bespoedig en vergemaklik.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.77
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil leer mey ander deel
Ek probeerom ander mense op te helder en ek hou ook baie van eet. Ek hou daarvan om ui te eet en ook om my eie kos te maakEk hou daarvan om aktief te wees deur bergfiets te ry...
Ek kan baie waarde toevoeg tot jou lewe...
Ek is n vrou met sagtheid en n vriendelike geaardheid. Dit sal vir my lekker wees om n man se huis in n heerlike tuiste te omskep waar vriende en familie saam kan kuier. Eensaam...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot