AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Woema vir landbou, met waardeketting’

Die landbou moet sy eie plan aan die Regering voorhou wat die bedryf en die land vorentoe kan neem, sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA.

Hy het by die organisasie se jaarkongres in Pretoria gesê die TLU SA het 'n paar jaar gelede 'n konsepstrategie vir volhoubaarheid in die landbou opgestel wat as vertrekpunt kan dien.

Verskeie ekonome en landbou-ekonome se bydraes is reeds bygewerk en die strategie is verlede jaar by die Eenheidsforum vir die Landbousektor (Asuf) ingedien.

“Almal in die landbou-waardeketting moet hulself ernstig afvra of daar onbepaald voortgegaan kan word om maar net dit wat die Regering na die landbou projekteer, te aanvaar.

Vennootskappe

“Indien die waardeketting se rolspelers almal saam na vore kom met 'n konstruktiewe plan, kan daar genoeg wringkrag wees wat sal help om die landbou na die kruine van ons land te neem, en nie na die moerasse soos wat dit tans ervaar word nie.

Meintjes het gevra of dit nie tyd geword het dat verskillende rolspelers ter wille van oorlewing 'n vennootskap sluit nie, hoewel om die regte redes. “Die rolspelers moet hulself daartoe verbind om die huidige ideologiese gerigtheid met 'n ekonomies gerigtheid te vervang.”

Meintjes het gesê die TLU SA doen baie moeite om bondgenote te kry wat die landbou verstaan en om die regte redes aan die toekoms wil help werk.

 Toekoms van SA

Hy het die Regering gevra om, as hy ernstig is oor voedselsekerheid en die toekoms van Suid-Afrika, sosialisme en kommunisme te verwerp.

“Dit sal raadsaam wees om 'n onafhanklike ekonomiese raadgewergroep daar te stel wat telkens, alvorens beleidsuitsprake en/of wetgewing oorweeg word, die geleentheid gegee word om te evalueer of die nuut beoogde optrede tot ekonomiese groei sal lei.”

Hy het die Regering ook gevra om op te hou om grond as politieke instrument te gebruik “om stemvee te probeer manipuleer”.

Beteken weinig

“Grond as sulks is nie rykdom nie en beteken weinig indien 'n mens dit nie optimaal benut nie. Die beloftes van grond vir almal is onverantwoordelik, nie lewensvatbaar en nie in belang van die land en sy mense nie. Dit is opvallend dat die meeste grondeise gemik is op die hoë reënvalstreke van die land.”

Meintjes het gesê nuwe uitsprake oor arbeid skep telkens meer vrae. “Die TLU SA beplan om rolspelers byeen te bring waar spesifiek gefokus gaan word op die keuring of sifting van werklose blankes ten einde te ondersoek om hulle moontlik 'n toekoms op plase te kan bied.”

* Mnr. Louis Meintjes is eenparig herkies as TLU SA se president en mnr. Henry Geldenhuys is ook herkies as adjunk-president.

Theunis Kruger is herkies as voorsitter van Wes-Streek, Steven Vermaak van Noord-Streek, Wannie Scribante in Sentraalstreek en Johan van Dyk in Oos-Streek.

Die voorsitters van die ander provinsies is reeds in private streekskonferensies aangewys. Hulle is mnre. Wollie Burger (Noord-Kaap), Bennie Liebenberg (Wes-Kaap), Herman de Wet (Natal), Hennie Naudé (Vrystaat) en mev. Louise Rossouw (Oos-Kaap).

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
+1.1%
Rand - Pond
20.17
+0.1%
Rand - Euro
17.58
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,725.81
+1.5%
Silwer
21.14
+2.1%
Palladium
2,319.00
+4.3%
Platinum
936.50
+3.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot