AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wolkoper se oorlog teen besoedeling

Oorlog is teen wolbesoedeling verklaar en ootreders se name gaan op 'n swartlys verskyn, sê 'n groot wolkoper.

Standard Wool, een van die grootste wolkopers in die land, het openlik oorlog verklaar teen boere wie se wol besoedel is. 

Mnre. Paul Lynch en Mark Wright, mede-eienaars van die maatskappy, sê besoedelde wol kom nie net hul maatskappy duur te staan nie, “maar skaad ook die beeld van die Suid-Afrikaanse skeersel in die buiteland”. 

Hulle gaan die name van die oortreders aan ander wolkopers stuur en vra dat hulle weier om wol van dié betrokke boere te koop. Die lys sal teen April versprei word. “Ons het ’n regsmening ingewin en is verseker dat dit binne ons regte is om só ’n lys te openbaar. Oortreders se name sal slegs van die lys verwyder word as hulle skuld erken,” het Lynch gesê. 

Groot eise oor besoedeling in wolsakke
Volgens hom het hul kliënte al eise van tot R10 000 per lot ingestel. “Ons stel die makelaars in kennis, wat op hul beurt die boer nader. Dié ontken net dat die besoedeling deur hom veroorsaak is. Dan moet ons die eis betaal. Sake kan nie só voortgaan nie.” 

Standard Wool sê dit is ’n verleentheid om hul kliënte in die buiteland te besoek en dan die voorwerpe te sien wat in die wol gevind word. “Dit word in hul kantore uitgestal. Dit is veral iets wat ons Chinese kliënte teen die bors stuit. Dit duur twee jaar om hul vertroue te wen en te verseker dat ons land ’n goeie skeersel het. Daar is nou selfs Chinese verwerkers wat mense heeltyds aanstel om die wol wat ons aan hulle verkoop, met ’n fynkam deur te gaan.” 

Swartlys die laaste uitweg
Wolmakelaars het uiteenlopend gereageer op Standard Wool se beoogde stap. Mnr. James de Jager, bestuurder van CMW se veselafdeling, sê hoewel sy maatskappy alles binne sy vermoë doen om boere van die probleme bewus te maak, die skep van ’n swartlys die laaste uitweg behoort te wees. “As iets in iemand se skeersel gevind word wat nie daar hoort nie, kontak ons hom dadelik en bespreek die kwessie. Daar moet ingedagte gehou word dat 47% van ons kliënte minder as tien bale wol lewer. 

Dit is hulle wat ook bewus gemaak moet word dat hulle ’n uitvoerproduk lewer wat aan bepaalde standaarde moet voldoen.” ’n Woordvoerder van BKB sê sy maatskappy steun alle pogings om wolbesoedeling te beperk. “Ons verstaan hoe die kopers voel, maar dit bly belangrik om eers die saak met die individuele boer te bespreek.” 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
20.02
+0.6%
Rand - Euro
17.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,713.41
-0.2%
Silwer
20.62
-0.1%
Palladium
2,272.04
+0.6%
Platinum
924.72
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot