Die wolmark het op dié week se veiling weer ietwat hoër gesluit ondanks ’n sterker rand. Cape Wools se Merino-aanwyser het met 0,5% tot R103,54/kg (skoonwol) gestyg.
Die gemiddelde koers van die rand was 3,2% hoër in vergelyking met die vorige veiling, wat afwaartse druk op die pryse uitgeoefen het. In Australië het die mark ook stewig vertoon en het die aanwyser met 1,8% gestyg.
Altesaam 9 450 bale is aangebied, waarvan 98% verkoop is. Die vetwoluitvoerders was weer die grootste kopers.
Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 19 mikron was onveranderd op R117,77/kg, 20 mikron was ’n marginale 0,2% duurder op R111,21/kg en21 mikron daal egter met 0,9% tot R105,22/kg.
Daar was geen kwotasie vir 22 mikron nie. Veilings hervat weer op 23 Februarie.
9 Februarie 2012