
‘n Voortgesette strawwe mark het Cape Wools se Merino-aanwyser met 3,2% laat styg om op R111,43/kg (skoon) te sluit.
Kopers was van mening dat Woensdag (21 Januarie) se aansienlike groot aanbieding en groot persentasie lae gehalte wol druk op wolpryse geplaas het. Goeie gehalte Merinowol was steeds baie gesog onder die kopers met 19,0 mikron en fyner in hoë aanvraag.
Me. Ria van Rooyen, wolwaardeerder van Cape Wools, sê in die weeklikse markverslag die ran,d teen R11,57, was sowat 0,3% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige week se veiling en teen R13,38 altesaam 1,3% sterker teenoor die euro.
Algtesaam 14 863 bale is aangebied waarvan 98% verkoop is. Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (4 689), Standard Wool SA (3 548), G Modiano SA (2 637) and Stucken & Co (2 236).
Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18 mikron daal met 3,8% tot R117,98/kg, 18,5 mikron styg met 2,6% tot R117,98/kg, 19 mikron versterk met 3,6% tot R116,82/kg, 19,5 mikron versterk met 2,6% tot R112,21/kg, 20 mikron styg met 2,6% en sluit op R109,52/kg, 20,5 mikron versterk met 2,9% en sluit op R109,45/kg, 21 mikron versterk met 2,1% en sluit op R108,15/kg, 21,5 mikron versterk met 3,3% en sluit op R109,39/kg en 22 mikron styg met 1,6% tot R107,62/kg.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 28 Januarie.