
Woolworths gaan vanaf einde September slegs vars varkvleis verkoop wat van plase afkomstig is waar sogkratte nie in gebruik is nie.
Die instel van “sog-vriendelike” varkvleis is ’n eerste vir kleinhandelaars in Suid-Afrika.
Woolworths sê dit is die eerse fase in ’n inisiatief waarin hy voorskryf dat ál die vars varkvleis wat dié winkelgroep te koop aanbied, op ’n meer menslike wyse geproduseer is.
Volgens Woolworths is die standaardpraktyk om varke groot te maak, dié waarin sôe vir die hele 16 weke van hul dragtigheid in sogkratte leef. Boere wat vars varkvleis aan Woolworths lewer, se dragtige sôe moet in soghuise versorg wees waar hulle kan rondbeweeg en in beter omstandighede verkeer.
Kliënte van Woolworths sal dus vanaf September vars varkvleis kan koop waarop met ’n plakker is met die woorde “Kinder to Sows”. Teen einde Desember sal dié praktyk ook gevolg word vir ander varkprodukte, soos geprosseseerde en berookte varkvleis, soos spek, en boere- en ander wors.