AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Woolworths-boere laat elke druppel tel!

"Ons is nie heeltemal magteloos in die droogte nie. Met innoverende denke kan ons heelwat water bespaar sonder om baie geld uit te lê," sê mnr. Kobus Pienaar van Woolworths.

Suid-Afrika se landbousektor gebruik tot soveel as 84% van die land se vars water om te verseker dat die land mense genoeg kos op die tafel het. Die produksie van groente en vrugte maak 'n groot persentasie van dié verbruik uit. Om dié rede is dit belangrik dat die manier hoe die landbousektor water gebruik krities is om te verseker dat elke druppel water tel.

Volgens mnr. Kobus Pienaar, Woolworths se Farming For the Future-kenner (FFF) en Good Business Journey-bestuurder, is dit noodsaaklik dat die landbou se impak op skaars hulpbronne soos water so effektief as moontlik bestuur moet word. Woolworths het reeds in 2009 begin om met hul produsente saam te werk, wat aanleiding gegee het tot die ontwikkeling van die Farming for the Future-inisiatief. Die vennootskap van sewe jaar tussen Woolworths en hul groente-, vrugte- en blomboere verseker dat water so doeltreffend as moontlik gebruik word, sonder om kwaliteit en opbrengs in te boet. Die projek se resultate is ook 'n bewys dat die Suid-Afrikaanse boer die vermoë het om water effektief te gebruik. Een so 'n voorbeeld is die 23 liter water wat Suid-Afrika se pruimboere gebruik om 'n pruim van 135g te produseer, teenoor die globale gemiddeld van 237 liter vir die dieselfde produk.

Pienaar sê Woolworths het 'n groot markaandeel as dit kom by vrugte en groente en daarom het hy 'n groot verantwoordelikheid om saam met hul boere die geleentheid aan te gryp om leiers in gebied van volhoubare voedselproduksie te bly. “Ons boere gebruik waterbestuurspraktyke wat water op unieke wyses bespaar en dit word deur die volgende aspekte in Farming for the Future-inisiatief ondersteun,” sê hy.

Grondbewaring: Alles begin by ons gronde en as ons grondgesondheid reg bestuur kan ons die grond gebruik as 'n reservoir om water te stoor. Daarom moedig FFF die gebruik van minimum bewerking, grondbedekking en die gebruik van organiese materiaal aan om te verseker die waterhouvermoë van gronde verbeter, jaar na jaar.

Optimale besproeiingspraktyke: Die keuse van die regte besproeiingsmetode in kombinasie met die tipe gewas, grond en klimaat is krities vir doeltreffende water bestuur. Ander aspekte wat ook aandag geniet is die onderhoud van besproeiingstoerusting en die meting van plantbeskikbare vog in die wortelsone. Buiten die verlies aan verdamping is die benatting van gronde verby die wortelsone nie net 'n vermorsing van water nie, maar ook energie.

Plant beskerming: Die gebruik van 'n waardevolle hulpbron soos water om 'n plant te koester, is niks anders as om in daardie plant te belê nie. Daarom is dit baie belangrik om seker te maak al die faktore wat plantgesondheid kan beïnvloed, optimaal bestuur word. Om 'n plant wat besproei word onder onnodige druk te plaas deur nie die regte kultivar te gebruik nie, verkeerde praktyke tydens bemesting en bewerking toe te pas en te versuim om oesverkenning te doen, kom net op die vermorsing van water neer. FFF moedig die regte praktyke aan en meet die verbruik van liter water per kg geproduseer.

Die herwinning en hergebruik van water: FFF moedig boere aan om 'n aantal tegnieke te gebruik om soveel as moontlik reënwater op te vang en te berg. Dit is veral van toepassing op die groei van gewasse in hidroponiese stelsels. Die strukture in hidroponiese stelsels kan baie nuttig gebruik word om reënwater op te vang om in die stelsels te gebruik. FFF moedig ook boere wat van hidroponiese metodes gebruik maak om die afloop water te herwin vir hergebruik, wat groot besparings in water tot gevolg het.

Om dit te laat werk, sê Pienaar, moet volhoubare praktyke deel van produsente se DNA word. “As ons tot 'n punt kan kom waar die Suid-Afrikaanse boer akkurate metings kan dokumenteer en die data kan interpreteer, sal dit besluitneming vergemaklik. Daar moet 'n behoefte by produsente gekweek word om verder te dink as om net die gewone of populêre ding te doen. Deur gebruik te maak van akkurate meting en wetenskaplike interpretasie van die data kan lei tot groter besparing van water in 'n reeds droë Suid-Afrika.

“As ons begin om die grond se struktuur op te bou, die balans tussen voedingstowwe en grondbiologie te optimaliseer, die regte gewaskeuses te maak, diversiteit te handhaaf, en wetenskap gebruik om te besproei, sal dit 'n baie goeie begin wees om water optimaal te gebruik. Deur deel te wees van die FFF-program is ons produsente van groente en vrugte toegerus om bewus te wees op watter aspekte hulle moet fokus, wat weer gelei het tot 'n hele aantal praktiese en tegnologiese metodes wat hul watervoetspoor verklein.

Groenteboer wys hoe

“ 'n Goeie voorbeeld is Greenpak, een van ons groenteboere in die Vrystaat, wat tegnologie gebruik om die plantbeskikbare vog in die grond op verskillende dieptes te meet. Dit haal die raaiwerk uit en hulle kan presies bepaal wanneer en hoeveel besproei moet word sonder om grond verby die wortel sone te benat of die plant onder onnodige stres te plaas. Hul wetenskaplike benadering om grondstruktuur deur middel van oes-rotasies, die toediening van kompos en verbeterde bewerkingspraktyke op te bou, het gelei tot groot besparings in die toediening van water.

“Nog 'n voorbeeld is Silver Dawn, 'n hidroponiese plaas in Gauteng. Deur reënwater op te vang en hul water wat reeds deur die hidroponiese sisteem was, te herwin het hulle hul watervoetspoor tot die minimum beperk,” sê Pienaar.

In Grabouw gebruik Fruitways tegnieke waar hulle seker maak die grond is ten alle tye bedek met 'n dekgewas in kombinasie met plantdigtheid en verbeterde onderstokke. So groei hulle minder boom en meer appels. Hulle noem dit “orchard of the future” en hulle het hul water verbruik per kilogram appels geproduseer, verminder.

Ook vir dorps- en stadsjapies

“Die beginsels van FFF is nie net vir die plaas bedoel nie maar kan ook by huise toegepas word. Bestudeer die plante in jou tuin en dra kennis van waar hul wortels is, pas jou besproeingstelsel en metodes daarby aan en kan jy heelwat water bespaar. Ons kan reën en gryswater opvang in tenks, grond bedek met dekgewasse en kompos maak van ons plantafval uit die kombuis. Dit alles sal bydra tot 'n besparing op jou waterrekening.”

Pienaar sluit af met dié woorde: “Ons is nie heeltemal magteloos in die droogte wat ons nou beleef nie. Met innoverende denke kan ons heelwat water bespaar sonder om baie geld uit te lê. Kom ons maak dit deel van ons daaglikse bestaan sodat dit nie 'n droogte moet verg wat ons van ons swak gewoontes te laat afsien nie.”

* Lees hier meer oor Woolworths se Farming for the Future-projek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot