AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wyn-studente die wye wêreld in

Nege van Elsenburg se wyn-­studente gaan die wêreld sien danksy twee besondere wynveilings en skenkings.

Nege aspirant-­wynmakers van die Kaapse Instituut vir Landbou­opleiding: Elsenburg naby Stellenbosch gaan in November ’n teugie neem van die wêreld se bekendste wyne om waardevolle tegniese en internasionale ervaring op te doen voor hulle hul loopbane amptelik afskop.

Twee wynveilings, waartydens seldsame internasionale wyne onder die hamer sal kom, gaan help om die studietoer ter waarde van R500 000 te befonds. Die derdejaarstudente, onder leiding van me. Lorraine Geldenhuys, dosent en wynmaker by Elsenburg, gaan saam met mnr. Beyers Truter, bekende wynmaker van Beyerskloof, en me. Rosa Kruger, wingerdboukundige, vir byna ’n maand lank die wynlande van Portugal en Frankryk verken. Elsenburg se assistent­-wynmaker, mnr. Solomon Monyamane, gaan ook saam.

“Dis van onskatbare waarde om studente op ’n baie jong ouderdom aan die verskillende wynstyle en -streke bloot te stel. Dit verbreed hul perspektief en hulle doen internasionale ervaring op,” sê Geldenhuys oor die toer waartydens hulle onder meer wynkelders sal besoek wat nie gewoonlik oop is vir die publiek nie. Die besoeke sal ook ’n tegniese inslag hê en wynproeë sal deur die wynmakers of eienaars self aangebied word.

“Dit help hulle om moeilike aspekte soos terroir, wynkultuur en geskiedenis te snap en met gesag daaroor te praat.” Volgens Geldenhuys sal die wynbedryf – en die studente se toekomstige werkgewers – voordeel trek uit die ervaring wat die studente oorsee gaan inwin. Hulle sal met selfvertroue vergelykende wynproeë op tuisbodem kan aanbied.

Die oorsese toer is ’n ou tradisie by Elsenburg, maar het in 2012 laas plaasgevind. “Ons voer dit slegs deur wanneer daar ongelooflike belangstelling onder die studente is om die toer te reël . Hierdie jaar se nege finalejaarstudente is absoluut toegewyd daaraan om ’n lewe in die wynbedryf te maak.”

Bedryf skud ook sy sak

Die toer word befonds deur ruim skenkings van die Kaapse Wynmakersgilde-­ontwikkelingstrust (R100 000) en die kurkmaatskappy Amorim. Tydens twee Elsenburg­wynveilings sal verskeie internasionale wyne, geskenk deur IWC, opgeveil word. Altesaam 50% van die veilingswyne kom van elders. Die veiling sal bestaan uit spesiale lotte, soos 33 wyne uit 33 bekende wynstreke of Malbec uit Suid­Afrika en Argentinië.

Enige ekstra geld wat ingevorder word, sal aan ’n liefdadigheidsorganisasie, Tutors4Tomorrow, geskenk word. Die organisasie is deur twee studente begin en help skoliere in Kayamandi met hul skoolwerk. Die klas wil ook volgende jaar ’n wyn loods wat hulle saam gemaak het.

“Ons wil vir die bedryf wys ons kan saamstaan en ons wil deur ons voorbeeld lei. Die wyn kan ook ’n platform wees waar die jong wynmakers hul merk in die bedryf kan maak,” sê Geldenhuys.

Die eerste veiling vind op 26 Julie by Beyerskloof, naby Stellenbosch, plaas. Die datums en lokaal vir die Johannesburgse veiling sal nog bevestig word. Vir meer inligting of om die veiling by te woon, kontak Lorraine Geldenhuys by LorraineG@elsenburg.com.

Elsenburg_wyntoer2016_verskaf

Elsenburg se wynkunde­klas wat in November na Portugal en Frankryk gaan reis is Pia Carstens van Slanghoek, Gynore Fredericks van Malmesbury, Elouise Kotze van Brackenfell, Tim Whitfield van die Kruger Nasionale Park, Bobby Wallace van Elgin, Dirk Swanepoel van Tulbagh, Adriaan Jacobs van Johannesburg, Berto Dippenaar van Klawer en Christiaan Nigrini van Beaufort­Wes. Foto: Verskaf

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.62
+1.2%
Rand - Pond
20.19
+0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.24
+1.5%
Silwer
21.06
+1.7%
Palladium
2,323.00
+4.4%
Platinum
934.00
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot