AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Wyn: Takel transformasie, pleit Fridjhon

“Ons moet transformasie ’n agendapunt vir die hele bedryf maak en dit dan gebruik om die profiel van die SA wynbedryf te lig,” sê Michael Fridjhon.

Net soos die styl en reputasie van Suid-Afrikaanse wyne ’n transformasie ondergaan het, moet die wynbedryf transformeer sodat alle Suid-Afrikaners ’n deel daarin kan hê.

Dit was die boodskap van mnr. Michael Fridjhon, voorsitter van die Old Mutual Trofeë-wynskou, tydens die sestiende toekenningsfunksie vir dié geroemde kompetisie.

Altesame 960 wyne van 198 produsente het onder skoot gekom. Hiervan het 22 wyne goue medaljes gewen en 21 trofeë is uitgedeel.

Nuwe generasies tree na vore

“Die blywende indruk van vanjaar se kompetisie is die mate waartoe transformasie in die bedryf plaasgevind het wat oorsprong, styl en reputasie betref. Ons het gesien hoe nuwe generasies na vore tree, selfs in die gevestigde kelders, en produsente, wat 15 jaar gelede nie eers op die radar was nie, het die leeue-deel van die toekennings ingeoes. Dieselfde geld areas waaroor mense vyf jaar gelede nog hul wenkbroue gelig het; daardie streke tree nou na vore,” het Fridjhon gesê. Die geselligheid is in die Mount Nelson-hotel in Kaapstad gehou.

Fridjhon het egter ook die “olifant in die vertrek” aangeroer. “Dit is die transformasie in terme van die deelname van alle Suid-Afrikaners in die wynbedryf. Ons kan nie voorgee dis nie ’n kwessie nie en dit ook nie suksesvol ontken nie,” meen Fridhjon.

Nie besit van boerderygrond nie

Hy het gesê transformasie verwys nie noodwendig na die besit van boerderygrond nie, maar hy sal graag ’n verandering aan die sakekant van die wynbedryf wil sien. “As ons hierdie soort transformasie omhels, sal ons sien watter vlakke van geleenthede in ons land se wingerde en kelders gebeur.”

Fridjhon het gesê Suid-Afrika produseer tans wyne wat met die heel beste in die wêreld kan kers vashou.

“As jy egter na hierdie gehalte kyk, is ons ’n bedryf wat oorsee teen ’n enorme afslag handel dryf. Dis omdat daar ’n Meksikaanse dooiepunt  tussen die bedryf en die Regering ontstaan het. Ons moenie elkeen aan ons eie kant van die lyn bly nie, maar daaroor trap en met die Regering vergader. Ons moet transformasie ’n agendapunt vir die hele bedryf maak en dit dan gebruik om die profiel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te lig.”

Ongewone gesigte op podium

Miles Mossop van Tokara, buite Stellenbosch, het die Old Mutual-trofee vir die wynskou se suksesvolste produsent huis toe geneem. Dis egter nie net die bekende wynstreke wat bekroon is nie, maar trofeë vir die beste wyne in spesifieke klasse, met Cabernet sauvignon en Rooi Versnitte wat die meeste opgeval het, kom uit streke wat tot onlangs nie beskou is as areas wat goeie gehalte wyndruiwe produseer nie.

Een van die verrassings van die dag was toe GWK se Landzicht-wynkelder op Douglas in die Noord-Kaap die American Express-trofee vir die beste Cabernet sauvignon ingepalm het.

'Stellenbosch jaloers'

“Stellenbosch is al klaar jaloers!” het Fridjhon tong-in-die-kies oor die Landzicht Winemaker’s Reserve Cabernet sauvignon 2015 gesê.

De Krans, naby Calitzdorp, se Tritonia 2015 het die trofee vir die beste rooi versnit (nie-Bordeaux-styl) gewen.

DeMorgenzon, buite Stellenbosch, het hul wenstreep voortgesit en beide die internasionale en beste algehele witwyn-trofeë gewen. Die produsent het boonop ook die Miele-trofee vir die beste Chardonnay op die skou omhoog gehou.

Byskrif: Die Vyf Grotes by die Old Mutual Trofeëwynskou. Vanjaar het mnre. Mark Norrish van Ultra Liquors die trofee vir die beste ontdekking op die skou, of beste waarde goue medaljewenner gewen vir Secret Cellar Merlot Malbec Cabernet Sauvignon No. 702 205. Carl van der Merwe, algemene bestuurder by DeMorgenzon, het beide die trofeë vir die beste algehele witwyn en die Internasionale beoordelaars-trofee ingepalm. Miles Mossop, van Tokara, is bekroon as die suksesvolste produsent by die skou. Die trofee vir die beste algehele rooiwyn het aan Madre van der Walt vir die Leeuwenkuil Heritage Syrah 2014 gegaan. Foto: Verskaf

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.19
-0.2%
Rand - Pond
22.42
-0.1%
Rand - Euro
19.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
956.84
-1.1%
Palladium
1,416.84
+0.8%
Goud
1,962.18
-0.6%
Silwer
23.12
-0.9%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Opreg en eerlik
Eks plat op die aarde, daars baie waarvan ek hou om te doen behalwe enige iets wat met hoogte te doen het, so letterlik plat op die aarde.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot