AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9668
0,00
CORN
06 Feb
-
4540
0,00
SOYA
06 Feb
-
9515
0,00
SUNS
06 Feb
-
11477
0,00
WEAT
06 Feb
-
6655
0,00
WMAZ
06 Feb
-
4367
0,00
YMAZ
06 Feb
-
4372
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Wynbedryf: Gebruik eties beste praktyke

Betrokkenes in die wynbedryf sal in die toekoms bewys moet lewer van eties beste praktyke, of boet met hul markte.

Betrokkenes in die wynbedryf sal in die toekoms bewys moet lewer van eties beste praktyke, of boet met hul markte.

Dít was die boodskap van mnr. Riaan Kruger, uitvoerende hoof van die vereniging vir Suid-Afrikaanse eienaars van drankhandelsmerke (Salba), die sambreelorganisasie wat groot wynhandelaars in Suid Afrika verteenwoordig.


Nuwe veldtog

Kruger het gepraat by die bekendmaking van die Etiese Handelsvereniging van die Wyn- en Landboubedryf (Wieta) se nuutste veldtog om eties beste praktyke in die bedryf te bevorder. 


Hysê plaaslike wynkopers het reeds hul steun aan die inisiatief gegee en daar word oorweeg om eties beste praktyke ’n aankoopvoorwaarde te maak. Die werkersunies, Women on Farms en Sikhula Sonke, het die inisiatief verwelkom aangesien hulle meen dat ‘‘self-regulering’’ van arbeidsverhoudinge op plase nie werk nie.


“Om ’n derde party betrokke te kry vir akkreditasie help om geloofwaardigheid aan die bedryf te gee,” het me. Fatima Shabodien van Women on Farms gesê. Die unies het ook ’n beroep op internasionale wynkopers gedoen om daarop aan te dring dat Suid Afrikaanse verskaffers aan Wieta-standaarde voldoen. 

 

Dié inisiatief is nie nuut nie. Wieta het al sedert 2002 riglyne vir goeie arbeidspraktyke neergelê. Die verskil is dat die inisiatief nou deur die hele bedryf ondersteun word. Boere en kelders wat aan Wieta-vereistes voldoen, sal ook ’n seël as bewys op hul wynbottels kan sit.


Mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van VinPro, verduidelik dat druk vir so ’n soort sertifisering al hoe groter geword het as gevolg van slegte publisiteit, soos dié met die onlangse Human Rights Watch-verslag.


“Die bedryf se verdraagsaamheid jeens onetiese praktyke is op. Ons distansieer ons van enige boer wat nie volgens die wet optree nie.”


Hoë standaarde

Die inisiatief gaan oor die volgende drie jaar in werking gestel word. Boere wat aan die program deelneem en nie tydens inspeksies aan die vereistes voldoen nie, kry ses maande om veranderinge aan te bring.


Die standaarde is hoër as dié wat deur die Departement van Handel in die arbeidswette saamgevat word. Wieta erken ook ander etiese handelsprogramme, soos Fairtrade en GlobelGAP.


Me. Linda Lipparoni, uitvoerende hoof van Wieta, het daarop gewys dat dit nie Wieta se doel is om probleemboere te “name and shame” nie, maar om hulle te help om ook aan die wet te voldoen.


Mnr. Gerrit van Rensburg, die Wes-Kaapse minister van landbou, meen die inisiatief sal help om uitvoer te stimuleer en het daarop gewys dat ’n groei van 5% in uitvoer kan help om 23 000 nuwe werksgeleenthede te skep.


Hy ondersteun ook die inisiatief omdat dit erkenning gee vir die goeie werk wat boere reeds op plase doen.


7 Mei 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.0%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.85
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Platinum
974.20
+0.0%
Palladium
1,631.96
+0.5%
Goud
1,877.90
+0.4%
Silwer
22.51
+0.7%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
0.0%
Alle aandele
80,241
0.0%
Hulpbronne 10
75,186
0.0%
Industriële 25
103,461
0.0%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot