AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wynbedryf moet SA verbruikers leer ken

“Julle maak wyn vir mekaar, maar nie vir die ou wat Coke by sy wyn wil skink nie.”

Die wynbedryf sukkel op eie bodem omdat wynmakers vir mekaar wyn maak, eerder as om die Suid-­Afrikaanse verbruiker se voorkeure in ag te neem.

Dit het vorendag gekom uit navorsing oor plaaslike verbruikersegmente waarbinne die wynkategorie uitgebrei kan word. Die inligting is onlangs met die bedryf gedeel, sodat kelders hul produkte op ’n nuwe manier kan begin bemark wat reguit tot Suid­Afrikaanse verbruikers se harte spreek.

“Die wynbedryf is passievol oor wingerde en skoonheid en die wynbereidingskuns, maar die bedryf stel nie die verbruiker eerste nie. Dis heeltemal te aanbodgedrewe,”sê me. Nicky van Hille, strategiese konsultant van The Moss Group.

Mnr. Craig Irving, hoof uitvoerende beampte van die Consumer Insights Agency, sê: “Julle maak wyn vir mekaar, maar nie vir die ou wat Coke by sy wyn wil skink nie. “Ek werk al 20 jaar en ek het nog nooit ’n bedryf teegekom waar dit so moeilik is om ’n tree te gee na verandering nie.”

Die wynbedryf het sowat ’n jaar gelede die bul by die horings gepak en met die Wise-­strategie planne gemaak om teen 2025 meer winsgewend te wees. Groei in die binnelandse mark is een van die aspekte wat getakel word.

Volgens Irving moet kelders die hele produksieproses anders benader. “Die hele skip moet omgedraai word sodat jou besigheid meer markgedrewe is. Voor jy eers jou wyn botteleer, moet jou verpakking, die gevoel van jou produk en pad tot by die verbruiker ontwikkel word met ’n eindverbruiker in gedagte.”

Volgens die navorsing verkoop die wynbedryf sy produkte hoofsaaklik aan ’n kategorie wat hulle die “Jones’e” noem. “Julle ken hulle goed, maar nou moet julle die nuwe garde leer ken. Mense soos dié in die Loxion Dreamer-kategorie behoort streef na beter en wil wys hulle drink ’n bottel wyn van R350,” sê Van Hille.

Die verbruikersegment wat die wynbedryf tans teiken bestaan uit sowat 4,9 miljoen verbruikers. Dis sowat 14% van Suid­Afrika se bevolking ouer as 18 jaar. Die wynbedryf behoort egter ander segmente na te jaag, wat bestaan uit 14,7 miljoen mense (42% van die bevolking ouer as 18).

“Daar is reeds handelsmerke wat in hierdie segmente speel, soos Four Cousins, Fourth Street en Nederburg. Daar is geleenthede vir ander handelsmerke ook.”

Intimiderend en ingewikkeld

Volgens Van Hille is wyn ’n “ingewikkelde, intimiderende kategorie” wat verbruikers sukkel om te verstaan.

Sy het kelders aangemoedig om verpakkings en wynetikette meer kleurvol, minder tradisioneel en meer verstaanbaar te maak. Dit moet ook duidelik tot die behoeftes van ’n spesifieke teikenmark spreek.

“Die bedryf moet gaan dink hoe dinge eenvoudiger gemaak kan word. Ons wil dit nie afbreek tot net nog ’n tandepasta nie, maar die balans vind tussen die skoonheid van die produk en ’n eenvoudigheid wat nie verbruikers afskrik nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.2%
Rand - Pond
20.13
+0.2%
Rand - Euro
17.52
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,686.65
+1.5%
Silwer
20.40
+7.2%
Palladium
2,244.00
+3.6%
Platinum
898.50
+3.9%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,825
+0.8%
Alle aandele
64,209
+0.8%
Hulpbronne 10
61,564
+2.2%
Industriële 25
77,497
+0.1%
Finansiële 15
13,826
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boerseun soek na liefde
Ek is a baie spontane ,liefdevolle mens hou van mense om mee te komenikeeren soek na die liefde van my lewe om saam my op die plaas te kan kom bly
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot