AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Wynboer met groot liefde vir Karoo oorlede

akkreditasie
Mnr. Pieter Hugo (71), wynboer van die plaas Hugoskraal in Slanghoek en stigterslid van Vinpro, is Saterdagoggend (11 Julie) op Stellenbosch aan longfibrose oorlede. Foto: Verskaf
Mnr. Pieter Hugo (71), wynboer van die plaas Hugoskraal in Slanghoek en stigterslid van Vinpro, is Saterdagoggend (11 Julie) op Stellenbosch aan longfibrose oorlede. Foto: Verskaf
Mnr. Pieter Hugo (71), wynboer van die plaas Hugoskraal in Slanghoek en stigterslid van Vinpro, is Saterdagoggend (11 Julie) op Stellenbosch aan longfibrose oorlede.

Hugo het groot spore in die wynbedryf getrap, maar sy hart het ook warm geklop vir die Karoo en hy het graag tyd op sy plaas Koedoeskop naby Leeu-Gamka deurgebring.

“Van kleintyd af het ons geweet al is hy lekker streng, kan ons met enigiets na hom toe gaan, ongeag wat ons vyf broers aangevang het. Dis wat ons die meeste van hom gaan mis – die wete dat hy daar is en dat ons na hom toe kan gaan,” vertel sy oudste seun, mnr. Pietman Hugo.

Vier van Hugo se vyf seuns het saam met hom geboer.

“Ons was beslis nie die tipiese geval waar ’n pa en seuns nie kon saamboer nie, want ons het al die jare lekker saamgeboer.”

Volgens Hugo was sy pa uiters hardwerkend, altyd betyds en baie optimisties.

“Hy was ’n voorbeeld vir ons. Ons leer nou dieselfde waardes van respek en goeie maniere wat hy aan ons geleer het, aan ons kinders.”

Mnr. Anton Smuts, voorsitter van Vinpro, onthou Hugo veral vir sy goeie besigheidsuitkyk.

“Hy was ’n man van min woorde wat eers na alle standpunte geluister het, maar wanneer hy sy weldeurdagte insette gegee het, het dit ’n groot indruk gelaat.”

Hugo, die seun van mnr. Pietman Hugo, voormalige KWV-voorsitter, het onder meer in die direksies van Breërivier Botteleringsmaatskappy, KWV, Arbelos-wyne en Botha- en Slanghoek-kelder gedien. Hy was ook betrokke by verskeie landbou-unies, nasionale watersake-komitees en die destydse Koöperatiewe Wynkelderskomitee, lui ’n verklaring deur Vinpro. Hugo is in 2018 as erelid van Vinpro vereer vir sy lewenslange bydrae tot die wynbedryf. 

Pietman sê sy pa het graag geoefen en het op sy dag rugby gespeel, graag gedraf en muurbal gespeel. “Ná ’n knie-operasie het die fietsrygogga hom gebyt en hy het 21 Argus-fietswedrenne voltooi.”

Hugo laat sy vrou van die afgelope elf jaar, mev. René Hugo, vyf seuns en veertien kleinkinders agter.

Sy begrafnisdiens vind op Donderdag 16 Julie om 10:00 in die NG kerk Rawsonville plaas. Slegs naaste familie en ’n handjie vol goeie vriende sal ingevolge Covid-19-regulasies toegelaat word. ’n YouTube-skakel na die diens sal binnekort beskikbaar wees.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.6%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.7%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.59
-0.2%
Silwer
23.20
-0.5%
Palladium
2,021.00
-2.3%
Platinum
1,038.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot