AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wynboere g@tvol – soek beter pryse

Wynboere wil nie meer uitsprake oor koste-doeltreffendheid hoor nie, dis tyd dat hul pryse klim.

“Ek is gatvol om te hoor ek moet koste-doeltreffend wees!” Met dié opmerking het mnr. Bowen Botha, hoof-uitvoerende bestuurder van Robertson Winery, luide applous uitgelok onder sowat 700 wynbedryfspelers wat VinPro se inligtingsdag in Kaapstad bygewoon het.

Botha het ’n beroep gedoen dat wynpryse verhoog moet word sodat boere R2,50 per liter in hul sak steek. Hy meen die wynbedryf se lewensvatbaarheid hang andersins in die weegskaal.

“Boere se inkomste is tans tussen R45 000 en R48 000 per ha, maar ons het R70 000 nodig om volhoubaar te wees.”

'Ons het agteruit geboer'

Volgens Botha het ’n liter Cabernet sauvignon in 2000 teen R8,00 verkoop. Die huidige prys is R6,50 per liter.  “Ons het agteruit geboer. Ons is regtig in die moeilikheid.”

Mnr. Rico Basson, VinPro se hoof-uitvoerende beampte, sê weens die droogte het wynboere se opbrengs op hul belegging tot onder 1% geval. “Ons verloor sowat honderd produsente per jaar. Daar is ook ’n arbeidskomponent aan verbonde.”

Mnr. Anton Smuts, VinPro se nuwe voorsitter, sê net ’n derde van wynboere in die land boer teen finansieel volhoubare vlakke. Volgens hom betaal selfs tweedegraadse koejawels beter as wyndruiwe.

Afslag nie die antwoord

Volgens mnr. Gavin Dittmar, besturende direkteur van Meridian Wine Merchants, is afslag die vernaamste bemarkingsvorm in die wynbedryf.

“Dit bekommer my, want hoe gaan ons handelsmerke bou as ons enigste bedingingsmag afslag is?”

Smuts meen sommige produsente gooi net kole op die vuur deur wyn vir ondergemiddelde pryse te verkoop. “Ek noem dit storting. Hoekom sê die oorsese wynkopers hulle sal altyd een of ander "sucker" van Suid-Afrika kry wat bereid is om wyn goedkoop te verkoop?”

Maklik van boere gevra

Botha meen daar word te maklik van boere gevra om meer koste-doeltreffend en produktief te wees, terwyl produkte te goedkoop verkoop word.

“Ek is nou al 45 jaar lank koste-doeltreffend in my besigheid en ons boere ís produktief. Ek is nou gatvol vir almal wat vir my sê ek moet meer koste-doeltreffend wees.”

Smuts het die bedryf tot eenheid geroep. “Ons moet die uitdagings in geleenthede omskep, anders is ons dood in die water. Dit kan net gebeur deur samewerking van alle belangegroepe. Fragmentasie hoort op die agterste sitplek; dis die pad van rampspoed.”

Pryse moet klim

Botha het handelsmerk-eienaars en boere op die hart gedruk om hoër pryse ernstig te oorweeg.

“Ons het R2,50/liter in ons sak nodig, ongeag watter prys jy vir die wyn vra. As jy R8,00 vra, het jy R2,50 nodig. As jy R4,00 vra het jy ook R2,50 nodig.”

Botha sê hy is al lank genoeg in die bedryf om te weet wat die koste verbonde is aan elke ketting in die skakel. “Almal vertel vir ons dit sal die einde van die wêreld wees as ons by R2,50 kom, maar dit beteken ’n verhoging  van R4,60 op die rak. Dit sal nie die bedryf doodmaak nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot