AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9438
0,00
CORN
27 Sep
-
4808
0,00
SOYA
27 Sep
-
9245
0,00
SUNS
27 Sep
-
9867
0,00
WEAT
27 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
27 Sep
-
4802
0,00
YMAZ
27 Sep
-
4710
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wynkelder beskadig: Eis teen stakers

’n Eis om skadevoergoeding is teen 'n werkersvereniging ingestel nadat betogers 'n wynkelder in September beskadig het.

Sporadiese betogings in die Wes-Kaap, wat ten spyte van ’n ooreenkoms met die staat voortgegaan het, laat boere aan die Weskus vrees dat dit wyer kan uitkring.

Wynprodusente naby Vredendal aan die Weskus het in September vanjaar onder stakings gebuk gegaan en hulle vrees dat die huidige betogings in die Wes-Kaap na dié omgewing kan oorspoel.

Mnr. Len Knoetse, produksiebestuurder van Namaqwa Wyne by Vredendal, sê hoewel intimidasie en geweld sporadies tydens die vyf weke lange staking in September voorgekom het, was dit nie só geweldadig soos die huidige betogings nie.

“Van die betogers het by ons hekke gestaan met stokke en byle en ons gedreig, maar dit was niks soos wat die mense in De Doorns tans beleef nie,” aldus Knoetse. Landbou.com het met hom gesels op ’n besoek aan die onderneming tydens die Absa 2012 Pinotage-toer.

Werkers het by Namaqwa Wyn se Spruitdrift- en Vredendal-kelder gestaak. Weens die geweld en intimidasie wat tydens die staking voorgekom het, is 28 mense in hegtenis geneem. Knoetse sê dit was egter ’n wettige staking, en ’n nuwe loon is onderhandel en vasgestel.

Impak op tafeldruiwe
Volgens Knoetse sal die impak van die huidige betogings op die wynbedryf nie so intensief wees soos wat dit op die tafeldruifbedryf is nie. “Maar dit gaan ’n impak hê, en nie net op boere en hulle inkomste nie, maar ook op die stakende werkers se verdienste en oorlewing.”

Knoetse sê ’n eis van sowat R6 miljoen is teen die Weskus Werkersvereniging ingestel oor die skade en verliese wat die onderneming weens die September-staking gelei het.

Die voorgestelde biokot van die wynbedryf deur die ANC in die Oos-Kaap gaan volgens Knoetse ’n soortgelyke ongunstige nasleep op boere én werkers hê. “En wat die staat en die ANC vergeet is, ons betaal maandeliks groot bedrae aan hulle vir aksynsbelasting. By ons kelder is dit tussen R9 miljoen en R12 miljoen. Hier uit ons distrik uit is dit maandeliks maklik R25 miljoen.”

Sowat 400 personeel is in diens van die kelder, maar in totaal skat Knoetse dat sowat 15 000 plaaswerkers van die onderneming en bedryf afhanklik is vir hulle inkomste.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.4%
Rand - Pond
19.38
-0.3%
Rand - Euro
17.35
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,631.89
+0.6%
Silwer
18.54
+1.0%
Palladium
2,053.00
+0.5%
Platinum
856.00
+0.4%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,290
0.0%
Alle aandele
63,626
0.0%
Hulpbronne 10
56,215
0.0%
Industriële 25
79,529
0.0%
Finansiële 15
13,982
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot