
Die wyn-monopolie, Vinmonopolet, gaan op 2, 14 en 21 Maart in Stellenbosch, Paarl en Robertson onderskeidelik inligtingsvergaderings hou waarby wynboere meer oor die wyn-monopolie kan leer.
Die afgevaardigdes, wat ook twee Noorweegse vakbond-verteenwoordigers insluit, gaan nie aanvanklik plaasbesoeke doen nie. “Tot nou het ons ons opvolg ondersoeke (ná die Bitter Grapes-dokumentêr) gefokus op wynprodusente (en nie druiweboere nie). Dit blyk hierdie instansies hul werkers goed hanteer en volgens ons gedragskode en die plaaslike wetgewing optree.
“Omdat ons nog nie ons ondersoeke op plaasvlak gefokus het nie, is dit moeilik om ’n opinie te hê oor hoe boere hul werkers hanteer. Ons het egter ’n rede om te glo dat die omstandighede is moeiliker vir plaaswerkers, veral vir seisoenwerkers en trekarbeid en die Bitter Grapes-dokumentêr bevestig hierdie feite ook.”
Klousule van regverdigheid
Die instelling het aan Landbouweekblad verduidelik dat hulle hulself toewy aan ’n klousule van regverdigheid, wat bepaal dat hulle alle wynleweransiers van oor die wêreld heen dieselfde hanteer.
“Om hierdie rede is dit vir ons onmoontlik om by spesiale opheffings en bemagtigingprojekte op individuele plase betrokke te raak. Ons beplan egter, as ’n Nordiese streek, om eersdaags ’n gesamentlike program te loods wat hierdie kwessie sal aanspreek,” sê me. Sasha-Monique Elvik, die koördineerder van Vinmonopolet se Projek Suid-Afrika.
Die eerste Noorweegse afvaardiging sal vir ’n week in Suid-Afrika wees om besoeke aan kelders, industrie-rolspelers en vakbonde af te lê. ’n Tweede afvaardiging is vanaf 13 Maart tot 8 April in SA om boerderye te evalueer.
Vir meer inligting kontak me Sasha-Monique Elvik per epos: Sasha-Monique.Elvik@vinmonopolet.no