AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Wysigings aan mielies se graderingsregulasies val vas

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Pogings om die graderingsregulasies vir mielies aan te pas het vasgeval en sal waarskynlik nie in die huidige bemarkingseisoen geld nie.

Volgehoue pogings sedert 2018 om die graderingsregulasies vir mielies aangepas te kry om grys areas in veral die definisies te verminder, het vir eers vasgeval.

Die hele bedryf het deelgeneem aan die proses om die regulasies te hersien en nadat konsensus bereik is, soos almal gedink het, is die voorgestelde wysigings deur die mielieforum op 11 Augustus verlede jaar aan die regering gestuur vir die nodige afkondigingsproses.

Dié regering het nie daarby uitgekom nie en toe dit duidelik word dat dat dit nie betyds vir die nuwe bemarkingseisoen sou gebeur nie, het die mielieforum se stuurkomitee ingestem dat ’n aansoek vir ’n tydelike dispensasie ingedien word om die nuwe oes volgens die voorgestelde wysigings te gradeer. Dit kon vir produsente en ook ander belanghebbendes in die bedryf aansienlike geldelike voordele beteken het.

Die dispensasie is deur die regering toegestaan met ’n klousule wat bepaal dat dit teruggetrek kan word as daar geldige besware deur enige belanghebbende is. In ’n brief aan Graan SA-lede oor die verloop van gebeure, sê mnr. Derek Mathews, voorsitter, kort ná die terugtrekking van die dispensasie het verwerkers in die bedryf dringende beswaar aangeteken. “Dit blyk dat sommige verwerkers nie tydens die hele proses aandag aan die saak gegee het nie, en hulle is met hul broek op die knieë gevang.”

Hy sê die bedryf het weer vergader en met ’n meerderheidbesluit bepaal dat die regering gevra moet word om die dispensasie terug te trek. “Graan SA en die SA graanboerevereniging (Sagra) was sterk teen die terugtrek gekant en het aangedring op ’n vergadering om te bepaal hoe die konsensus wat bereik was, nou nie meer geldig is nie. Die bekommernisse wat geopper is, is deels oor voedselveiligheid en meelgehalte, maar verder ook die hardheid van die relatiewe mieliegrade en as ’n gevolg, die meelopbrengs.”

Die veranderinge in die tydelike dispensasie het onder meer ingesluit ’n nuwe definisie vir waterbeskadigde en verkleurde pitte. Pitte met waterskade en wat gekleurd is, word nie meer as gebrekkige pitte geklassifiseer nie en ’n verwysing na pienk pitte is ook heeltemal uit die graderingsvereistes verwyder.

Dit het gevolg nadat die SA Graanlaboratorium (SAGL) op versoek van die mielieforum en met finansiering van die mielietrust navorsing gedoen en bevind het dat verkleurde pitte en dié met waterskade nie ’n beduidende impak op gehalte (voedsaamheid, witheid of hardheid) het nie.

Mathews sê of die situasie nou nog omgekeer kan word, is te betwyfel. “Die feit bly staan dat die verandering in die amptelike gradering nog nie vir kommentaar gepubliseer is nie en die waarskynlikheid bestaan dat dié proses nog geruime tyd gaan duur.

“Ons hou die verwerkers wat versuim het om aandag aan die gesprekke te gee, in geheel verantwoordelik. Dit is noodsaaklik dat orde binne die bedryf gehandhaaf word en dus hou GSA die mielieforum waarvan ons deel is, verantwoordelik om toe te sien dat sulke dinge nie gebeur nie.

“ ’n Terugblik is nodig om vas te stel presies hoe hierdie situasie ontstaan het en toegelaat is. Die verwerkers moet antwoorde verskaf oor hul onbetrokkenheid toe die konsensus bereik is en waarop hul nou terugdraai. Dit is vir my as boer en voorsitter van Graan SA totaal onaanvaarbaar. As daar nog vir vanjaar iets aan die situasie gedoen kan word, sal ons dit doen.”

Mnr. Wessel Lemmer, uitvoerende hoof van Agbiz Grain, sê die vertragings wat ervaar is sedert die graanbedryf verlede jaar gesamentlik besluit het om die nuwe voorgestelde graderingsregulasies vir die 2022-’23-bemarkingsjaar te aanvaar, is betreurenswaardig. Lede van Agbiz Grain, as diensverskaffer, sluit produsente, graanhandelaars en verwerkers in en die graandienste word gereguleer deur die graderingsregulasies wat deur die lede van die hele graanbedryf bepaal word.

“Die korrekte en tydige toepassing van wysigings is egter baie belangrik aangesien dit belyn moet wees met die JSE se bemarkingsjaar. Daar kan nie verskillende regulasies vir die lewering van mielies in dieselfde bemarkingsjaar wees nie. Die risiko en verliese wat markdeelnemers kan ly, is net te groot.”

Die mielieforum het intussen besluit om die besware wat daar was, verder te ondersoek, maar het die departement versoek om voort te gaan om die voorgestelde veranderinge in die Staatskoerant vir kommentaar te publiseer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot