AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Yanks se beeslewers op SA rakke

Beeslewers is tans die beesproduk waarvan Amerika die meeste na Suid-Afrika uitvoer nadat hy weer toegang tot die mark gekry het.

Amerikaanse bees-, vark- en hoendervleis kan tegnies gesproke sedert die begin van 2016 weer na Suid-Afrika uitgevoer word nadat die oopstel van dié markte ’n voorwaarde was vir Suid-Afrika se volgehoue insluiting by die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa).

Amerika het jare gelede die markte weens onder meer teenstortingstariewe en dieresiektes verloor. Amerikaanse uitvoerders ervaar egter nou negatiewe opvattings oor hul produkte in Suid-Afrika.

As deel van ’n inligtingsprogram het uitvoerders Suid-Afrikaanse joernaliste na Amerika gebring. Mnr. Dan Halstrom, senior vise-president vir bemarking van die Amerikaanse Vleisuitvoerfederasie (USMEF), het by die organisasie se hoofkantoor in Denver, Colorado, aan die groep gesê Amerikaanse uitvoer van beeslewers na Suid-Afrika werk vir albei partye.

“Dit is die soort verhouding wat ons wil kweek. Ons wil nie plaaslike produksie vervang waar dit werk nie.”

Benewens beeslewers kyk uitvoerders ook na geleenthede vir ander produkte soos harte en niere. Amerika voer nog nie varkprodukte na Suid-Afrika uit nie, maar volgens Halstrom lyk dit asof daar ’n mark is vir produkte wat verder verwerk sal word.

“Ons voer alles uit, dit is hoe die wêreldmark werk. Dit gaan oor vraag en kultuur, en om die regte snit in die regte mark te plaas.”

Japan, Meksiko En China

Die USMEF het benewens sy hoofkantoor in Denver ook 18 kantore in ander dele van die wêreld van waar hy markte ontwikkel.

In totaal het die land verlede jaar sowat 1,1 miljoen ton bees- en 1,1 miljoen ton varkvleis uitgevoer, met Japan en Mexiko as sy grootste markte en hy werk hard aan marktoegang in China. Sentraal-Amerika is persentasiegewys sy vinnigste groeiende markstreek.

Die USMEF se jongste kantoor in Lima, Peru, het in 2011 geopen en uitvoer soontoe het goed gegroei.

Afrika

“Ek kan my voorstel dat Afrika op dieselfde manier kan groei, maar dit is nog ’n nuwe streek vir ons. Afrika is in die algemeen beslis op ons radar.”

Halstrom het gesê Suid-Afrika was nie voorheen vir Amerika ’n groot beesvleismark nie, maar alle markte is belangrik. ’n Aanvanklike klein mark kan 20 jaar later ’n groot mark wees.

Hy verwag dit gaan tyd neem vir Amerika om weer ’n mark in Suid-Afrika op te bou. “Ons was so lank uit die mark, mense in Suid-Afrika ken nie Amerikaanse bees- en varkvleis en die eienskappe daarvan nie.”

Opvoeding

Die USMEF gee baie aandag daaraan om in die markte waar hy toegang het, verbruikers oor sy produkte in te lig.

Die organisasie het in Augustus ’n seminaar in Johannesburg aangebied waar 11 Amerikaanse uitvoerondernemings sowat 30 moontlike kliënte ontmoet het, meestal van Suid-Afrika maar ook ’n paar van Nigerië.”

Halstrom sê die organisasie kyk ook na lande soos Ghana, Benin en Angola omdat hulle reeds proteïenprodukte invoer, hoofsaaklik pluimvee, en ekonomies opkomende lande is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-0.3%
Rand - Pond
20.06
+0.4%
Rand - Euro
17.61
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,715.38
-0.1%
Silwer
20.58
-0.3%
Palladium
2,286.25
+1.2%
Platinum
927.00
+0.5%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,482
+0.5%
Alle aandele
65,879
+0.4%
Hulpbronne 10
62,871
-1.3%
Industriële 25
80,292
+1.3%
Finansiële 15
14,079
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot