Zeder Beleggings, die genoteerde beleggingsmaatskappy wat hom op die landbousektor toespits, het ‘n belang van 96% in Chayton Africa, ? grootskaalse kommersiële boerdery-onderneming in Zambië, verkry.
Die transaksie wat Zeder se beleggingstrategie vir die res van Afrika van stapel stuur, bedra US$46,7 miljoen (R375 miljoen), waarvan US$ 9,7 miljoen onmiddellik betaalbaar is en die balans in bedrae wanneer geskikte geleenthede vir oornames hom aan Chayton voordoen.
Mnr. Piet Mouton, uitvoerende hoof van die PSG Groep, het gesê dat die Chayton-verkryging die eerste vir Zeder in Afrika is. “Ons glo dat die belegging in Chayton op die duur aantreklike opbrengste bied en ons is baie opgewonde oor Afrika. Met sy uitgebreide landbou-hulpbronne kan Afrika ? belangrike rol in die groeiende wêreldwye vraag na voedsel speel. Chayton is die regte voertuig hiervoor, en kan uiteindelik in ? toonaangewende landbou-onderneming in sub-Sahara Afrika ontwikkel.”
Geleenthede vir SA-beleggings
Mouton het verder gesê die belegging in Chayton sal bydra tot Zeder se omvang en nuwe geleenthede vir sy huidige SA-gebaseerde beleggings skep.
Chayton se aanvanklike boerderybedrywighede is in Zambië gesetel, waar die maatskappy tans 1 250 ha onder besproeiing het met die vermoë om twee oeste per jaar te verbou. Die maatskappy beplan om oor die volgende twee jaar sy boerderybedrywighede in Zambië tot meer as 10 000 ha uit te brei.
Gegewe die omvang van die beplande bedrywighede, sal dit Chayton die geleentheid bied om dienste-ondernemings te vestig, wat met sy primêre produksie-eenhede gekoppel kan word om ekonomiese skaalvoordele te bewerkstellig en om die vestiging van ? vertikaal-geïntegreerde portefeulje van streekslandbou-ondernemings te fasiliteer.
Die Chayton-bestuur bestaan uit Neil Crowder, ? voormalige vennoot van Goldman Sachs, saam met Philip Nicolle en Stuart Kearns, 3de en 4de-generasie Afrika-boere van Zimbabwe.
30 Maart 2012