
Zeder Beleggings, die genoteerde beleggingsmaatskappy wat hom op die landbousektor toespits, het sy belang in die saadmaatskappy, Agricol, van 25,1% tot 100% vir R150,4 miljoen verhoog.
Mnr. Piet Mouton, uitvoerende hoof van die PSG Groep, het gesê die Agricol-transaksie word as ? vername fase in Zeder se beleggingstrategie beskou en sien dit as ? belangrike voertuig om saadbedrywighede in Suid-Afrika en Afrika verder uit te brei. Die PSG Groep het ? belang van 42% in Zeder.
Mnr. Antonie Jacobs, uitvoerende hoof van Zeder, is as uitvoerende voorsitter van Agricol aangestel, terwyl Mouton as uitvoerende hoof van Zeder sal waarneem. ? Nuwe uitvoerende hoof sal mettertyd vir Zeder aangestel word.
30 Maart 2012