AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Zeder maak plan met hoë bestuursgelde

PSG kry dalk ’n groter belang in Zeder in ruil vir die opsegging van ’n bestuurskontrak wat Zeder elke jaar etlike miljoene aan bestuursgelde kos.

Zeder kan ’n lekker kontantinspuiting in die toekoms verwag indien ’n besluit deurgevoer word om PSG ’n groter belang in Zeder te gee in ruil vir die opsegging van ’n bestuurskontrak wat Zeder elke jaar etlike miljoene aan bestuursgelde kos.

Die aankondiging oor die moontlike transaksie is tydens Zeder se algemene jaarvergadering op Stellenbosch gemaak. Hiervolgens kry die PSG­groep ’n bykomende ekwiteitsbelang van 12% in Zeder in ruil vir die bestaande bestuursooreenkoms.

Zeder se aandeelhouers sal tydens ’n spesiale aandeelhouersvergadering oor die voorstel kan stem. PSG mag egter nie aan die stemproses deelneem nie. Na verwagting sal Zeder se groot aandeelhouers die voorgestelde transaksie ondersteun, lui ’n mediaverklaring.

Indien dit goedgekeur word, sal 208 miljoen nuwe Zeder­aandele uitgereik word in ruil vir die aandele in die PSG­-entiteit wat die kontraktuele regte hou. Zeder se bestuursfunksie sal dan binnenshuis gedoen word. Die bestaande PSG­-groepsverteenwoordigers sal steeds op beide Zeder se uitvoerende komitee en raad dien om die strategie te help bepaal en beleggingsbesluite te neem.

Dividende het gely

Die PSG­groep, as grootste aandeelhouer, hou tans ’n 32%­belang in Zeder. Minderheidsaandeelhouers is al minstens drie jaar lank ongelukkig oor die bestuursooreenkoms met PSG. Die bestuursgelde bestaan uit basisgelde wat op Zeder se markwaarde gebaseer word en prestasiegelde wat gegrond is op die prestasie van sy aandeelprys bo ’n sekere maatstaf.

In die vorige finansiële jaar het Zeder ’n basisfooi van R118 miljoen en ’n prestasiefooi van R118 miljoen aan PSG betaal. Die mees onlangse basisfooi het opgegaan na R150 miljoen, maar geen prestasiefooi is in die afgelope boekjaar betaal nie.

Die dagblad Sake het in die verlede berig dis veral boere wat nie tevrede is met die bestuursgelde nie. Baie boere het in 2014 Zeder­aandeelhouers geword toe die maatskappy Agri Voedsel, met ’n groot belang in die genoteerde Pioneer Foods, oorgeneem het. Die bestuursgelde het boere, wat jare lank ’n groot dividend uit Pioneer verdien het, se dividende geknou.

Mnr. Norman Celliers, Zeder se hoof­ uitvoerende bestuurder, sê die “eerlike antwoord is dat die besluit eintlik niks met die boere te doen het nie”.

“Daar was deeglike gesprekvoering met die breë aandeelhouersverteenwoordiging. Van ons institusionele beleggers het ook vir ’n verandering gevra. Baie aandeelhouers het ook geen probleem met die bestuurskontrak nie en meen dit werk goed, want dit dien as ’n wortel vir PSG om goeie prestasie te lewer.”

Voordele vir Zeder

Die kostebesparing aan bestuursgelde sal Zeder se kontantvloei in die toekoms ’n aansienlike hupstoot gee. Celliers sê dit sal die maatskappy in staat stel om vorentoe te beweeg met ’n beter kontantposisie, maar dit ook die vermoë gee om sy aandelesertifikate (scrip) vir transaksies te gebruik wanneer dit nodig is.

Volgens hom sal die spesiale aandeelhouersvergadering op 29 Augustus plaasvind. ’n Onafhanklike raad is aangestel wat ’n onafhanklike opinie moet inwin oor die billikheid van die aanbod. ’n Top internasionale firma sal dit doen, sê Celliers. Zeder is ’n landboubeleggingsmaatskappy wat veral op die voedsel­ en drankbedrywe fokus. Dit is op die Johannesburgse aandelebeurs gelys.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.68
-0.3%
Rand - Pond
20.24
-0.0%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,718.41
-0.5%
Silwer
20.79
-1.3%
Palladium
2,303.50
-0.8%
Platinum
924.00
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot